Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 8037 resensies.
"Sal beslis weer gaan. Die mense van Parys is ongelooflik vriendelik en behulpsaam."
"Clarens is beslis 'n sielsverrykende ervaring. Soveel om te sien en doen in en om Clarens. Die majestueuse berge is fenominaal enige tyd van die jaar en pragtig in elke seisoen. Ek sal ter enige tyd enige iemand aanraai om 'n draai in Clarens te maak. Die doen en late asook die kleure en prag van Clarens kan vergelyk word met 'n mooi vrou in elke geur vir 'n ieder en elke smaak, net soos die digter van ouds geskryf het. "My nooi is in 'n nartjie, my ouma in kaneel, daar's iemand ... iemand in anys, daar's 'n vrou in elke geur!" "
"Pragtige omgewing, vriendelike mense en 'n baie lekker ondervinding om in Clarens rond te stap."
"Clarens is 'n baie mooi en lekker dorpie. Ons sal enige dag weer teruggaan."
"Clarens is 'n regte kunstenaarsdorpie! Die wolwinkel se dames verdien 'n pluimpie! Die vriendelikste twee dames en was ook baie behulpsaam! En die mooiste komberse!"
"Verdeel Suid-Afrikaanse toeriste in twee groepe: Die wat Clarens beleef het en die wat Clarens nog nie beleef het nie!"
"Dit is een van die mooiste plekke waar ons nog was, en ons was al by baie. Sal definitief weer gaan kuier."
"Ek glo ons moet meer moeite doen om die winkels/restaurante te ondersteun sodat die klein dorpies lewensvatbaar kan bly. Dink daar is baie om te verken nog!"
"Mooi dorpie met baie geskiedenis. 'n Definitiewe aanbeveling vir enige iemand wat uit die stad wil kom en die natuur wil inneem. Go Clarens!"
"Such a small yet busy little town that had a lot to offer us on our stay. Packed with smiles and friendliness making it easy to relax and enjoy."
"Plekkie raak nou duur maar dit is te verstane. Eks baie bly dis nog nie oorgeneem deur enige van die groot kettingwinkels nie. Mens sien dit bitter min nou."
"Dit is 'n uitstekende wegbreek-dorpie. Gesellig en vriendelik met asemrowende natuurskoon en so baie om te doen!"
"Vir die persone wat belangstel in geskiedenis is daar heelwat besoekpunte. Die inwoners is vriendelik en gesellig. Spar se ure wat dit oop is vir besigheid oor 'n naweek is ook gerieflik."
"Oor die algemeen dink ek die ekonomie speel tans 'n groot rol in die omgewing se ontwikkeling."
"Sentraal geleë. Abiento het die vermoë om jou te laat voel of jy in 'n rykmansbuurt woon."
"Bethulie word al hoe meer ontdek en beset met nuwe inwoners. Dis in teenstelling met die agteruitgang van baie ander dorpies in die omgewing."
"Hiking was great! We hiked a half-day in Golden Gates from Glen Reenen, then to Cathedral Cave in Golden Gates from Gladstone (Stables), and also in the Clarens conservancy in Clarens - great views. Lunch and live music at Artichoke restaurant in the warm afternoon sun was amazing, but the cheese platter for two was only enough for 1 person. Cheese and cold meat platter at Clarens Brewery was great."