Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 8037 resensies.
"Very friendly welcome! Thank you! We would love to come back! Very welcoming village with many more shops to explore than we managed. We would also enjoy hiking more in the area on our next stay."
"Baie vriendelike, netjiese plek met so baie om te doen, te sien en te eet. Sal dit beslis aanbeveel."
"Die Nasionale Museum, Oorlogsmuseum en die Oliewenhuis Kunsgallery is die moeite werd om te besoek. Waterfront en Mimosa Malls is baie aangenaam."
"Novelty shops have very similar items that one can tend to get bored, it needs a knock of difference. Clarens parkrun is a must or their hiking trails. Some areas need a bit of revamping. The standard stand alone supermarket in town is far below spec."
"Kroonstad is a good overnight destination between the Western/Eastern Cape and Gauteng/Mpumalanga."
"Did not have time to see much as we had to rush back - we were transporting a cancer patient to East London."
"Pragtige dorpie met heerlike eetplekkies, oulike winkeltjies en in die mooiste omgewing!"
"Clarens is baie gefokus op toerisme - vertoon netjies in die tyd van verval. Pad vanaf Bloemfontein goed."
"Vir ons was dit redelik hartseer, ons is aanvanklik van Bloemfontein en het so 20 jaar terug Kaap toe getrek. Die stad het verskriklik agteruit gegaan. Paaie is in 'n swak toestand (Geen sperstrepe eers in die hoofstrate nie - CBD) Vervalle geboue en tuine. Oor die algemeen is die stad vuil. Hartseer om te weet dis was eens die Stad van Rose genoem - want nou is dit net dorings..."
"Die verskil tussen jare terug en nou het astronomies verswak. Ons weet dis die munisipaliteite regoor Suid Afrika. Maar sal altyd lief bly vir Bethlehem."
"Die pad na Bothaville van Hoopstad af is onsettend lelik het meeste van die tyd op die grond langs die pad gery. Sal dit nie aanbeveel as jy nie 'n 4X4-voertuig het nie."
"Dis 'n klein toeristedorpie. Wees voorbereid want die dorp maak vroeg toe. Klein winkels wat die nodige voorsien. Vat maar 'n dik beursie saam."
"Senekal het 'n versteende boomstomp-kerkheining en AD Keet Huis om te besoek. Die dorp is netjies met goeie besighede. Ook goeie oornag op pad see toe."
"Ons gaan al vir die afgelope 12 jaar, gewoonlik 2 keer per jaar, na Clarens vir 'n wegbreeknaweek. Die waarde vir geld, netheid en rustige atmosfeer maak Clarens 'n heerlike plek. Maak nie saak watter seisoen jy gaan nie, dit bly altyd lekker."
"Ek is baie beïndruk elke keer met die netheid en vriendelikheid van die dorp. Nog met elke event wat ons bygewoon het, uitmundende diens en perfekte organisasie van die events."
"Benewens die skoonheid van die omliggende berge, is die dorpie se atmosfeer en winkels vrolik en interessant."