Verified Reviews
Gansbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gansbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 774 reviews.
"Ons het De Kelders skoon en vriendelik gevind. Die natuurskoon is pragtig en ons het veilig gevoel terwyl ons vir ver ente gestap het. Dis sentraal geleë en kon ons vandaar heerlike dagtoere doen in die omgewing. Sal De Kelders enige tyd aanbeveel by familie en vriende."
"Franskraal het 'n lang oop strand (met en sonder rotse) met 'n paadjie wat al langs die see loop. Dis rustig en skoon en 'n lafenis vir die siel. "
"Ons eerste besoek aan Gansbaai was aangenaam en 'n verrassing ten opsigte van besige plattelandse kusdorpie met alle nodige kommoditeite. Heerlike uitstappies na naby geleë kusdorpies soos bv. Franskraal, Kleinbaai en De Kelders."
"Baie mooi en netjies en skoon. Heerlike om te gaan stap 'n mens voel altyd veilig."
"Beware of sand fleas & stagnant water in the tidal pool & creeks. A good storm should sort it out! Good spot to visit the shark diving operations & climbing Danger Point lighthouse!"
"Lekker baie om te doen en om te sien. Goeie eetplekke, genoeg winkels en mooi natuur."
"Ons het net 1 van die 4 nagte daar geslaap en toe uitgeklok en by Great White Shark Accommodation gaan inklok vir 3 nagte. Hulle was puik!"
"Behalwe dat die wind bietjie onplesierig was, was dit fantasties. Ons het dit geniet."
"Kleinbaai is beautiful, our friends enjoyed the fishing on the harbour wall. We would definitely go back to Kleinbaai."
"Veilige kusdorpie met pragtige natuurskoon en oor as genoeg aktiwiteite om mens besig te hou."
"Op Sondae raas die mense bietjie wat kom braai by die braaiers langs die see. Hulle speel hulle musiek baie hard en rev hulle karre se enjins. Andersins is dit lekker rustig!"
"Skoon, rustig, voel veilig, baie om te sien - die Shark Cage Dive bote launch van hier af."