Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"Daar is so baie plekke wat ons nie van weet nie - klein juweeltjies."
"Google things to do en jy is verstom oor die min om te doen/sien. Daar is egter die Erfenis Museum met heerlike bier en 'n eetplek; Die Klipkerk - woon sommer die Sondagdiens by in jou kortbroek want hulle is baie gasvry; besoek van die vele historiese geboue; die karwag by die kerk het ons ingelig! "
"Ek was verbaas om so mooi dorpie te sien, my eerste keer, en is regtig 'n pragtige plek. Sal beslis weer gaan besoek."
"Dinokeng is 'n geskikte reservaat vir 'n naweek wegbreek. Moet nie verwag om die Groot 5 aan te tref nie en moet ook nie enige plek ry as jy nie die geskikte voertuig het nie. Die klein plaas grondpaadjies kan plek-plek jou kar beskadig. Vir wildkyk gaan eerder Pilanesberg of Kruger toe - as jy net by jou kamp wil rus is Dinokeng die regte opsie."
"Ons was vir mediese redes in die area en kan dus nie veel oor toerisme van die area kommentaar lewer nie. Dit lyk wel of dit baie sentraal is vir die Gautrein en ander ander toeriste-attraksies. "
"Meyerton is 'n klein dorpie wat nie te ver is van die stad se gejaagdheid nie. Jy moet vooraf beplan wat jy graag wil doen, maar daar is plekke om te besoek en dinge wat jy kan doen sonder om vreeslik ver te ry. "
"We enjoyed our stay very much. The town is small, but everyone is so friendly and welcoming! One bit of advice ─ visit Cullinan over the "Thursday to Sunday" period. We were there on a Monday and Tuesday and most of the tourist shops and restaurants were closed."
"Close to Shopping Centres and attractions in area. Close to Lanseria Airport and not to far from O.R. Tambo. "