Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"Daar is klomp verskillende dinge om te doen, ons was by die Walter Sisulu Botaniese Tuine gewees en dit was fantasties. Skoon, netjies en 'n goeie prys. Daar is ook verskillende plekkies naby wat jou sal vermaak. "
"Top golf estate with lovely restaurant, close to shops, and with good access to the N4 freeway."
"So naby Pretoria, maar wanneer jy by Dinokeng is kan jy afsluit van die stadslewe en weer een word met natuur."
"Dis 'n plek vir enige historikus wat nostalgie op die hart dra by ou plekkies van toeka se dae, vol karakter."
"Heerlike bestemming vir 'n naweek weg. Wonderlik om al die diere so naby aan die stad te kon sien. Wonderlike inisiatief!"
"Ongelukkig slegs bokke en zebras gesien. Geen van die Groot Vyf nie. Dit was sad, maar miskien volgende keer."
"Sunbird is perfek geleë indien jy iemand in die hospitaal het, jy kan letterlik stap as jy sou wou."
"Was nogal intimiderend as 'n mens by die hotel uitry en mense sit die omliggende area aan die buitekant vol op soek na werk."
"Onthou om 'n selfry-permit te kry by die hek as julle beplan om die paadjies te ontdek. "
"Hatfield is baie goed geleë met groot besighede en publieke vervoer baie naby die sentrale sakekern."