Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"Die aanwysings is duidelik en die grondpad is rybaar met 'n gewone voertuig. "
"Dis nie regtig 'n toeristebestemming nie, maar die omgewing is mooi en as mens besigheid wil doen, baie gemaklik."
"Ons was aangenaam verras oor hoe maklik dit vir ons as Pretorianers bereikbaar is. Ons sal beslis weer soontoe gaan."
"Plekke soos Hartbeespoortdam en Cradle of Humankind is iets om te sien, maar baie kommersieel."
"Bosveld naby aan die PWV en bosgevoel daar, maar die musiek gedurende die nag vanaf Hammanskraal 'n bietjie steurend en die digtheid van die ou plotte bietjie hoog wat verkeer in die park nogal gevaarlik maak, veral naby Arlington."
"All around that area small and interesting little restaurants and routes. Excellent area for cycling and even walking."
"Ideale ligging vir albei UNISA-kampusse, maar nie regtig 'n toerisme-attraksie nie."
"Soos oral in ons arme land is die teerpaaie flenters. Die Mall is pragtig en die rivier bly besonders."
"Naby Roodeplaatdam en vakansiegeriewe. Binne maklike bereik van snelweë en winkelsentrums. Warmer winters as elders in die stad en omliggende stede."
"Ons was wel 'n Saterdag en Sondag in Dinokeng, maar dink daar is meer lewe op 'n Sondag. Saterdae is dit baie stil maar dit is ook wat 'n mens nodig het om weg te breek van die stadslewe. Dié myndorpie sal altyd 'n baie interessante plek wees om te besoek. "