Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"Die Lodge pryse het ten minste in die laaste paar maande met 30% gestyg. Een lodge tot verdriedubbel. Kom soms voor asof die diere in sekere gebiede gehou word. Sien nie meer baie aan die ooste kant nie. Andersins 'n juweel wat bietjie slypwerk nodig het. "
"Ek dink Dinokeng is great. En die lodges doen almal baie moeite. Tans is die veld baie droog, so al die diere lyk nie op top vorm nie. En veldbrande is 'n groot gevaar. Maar ek dink sodra die eerste reën weer val, sal alles tot lewe spring. Ons het baie lekker rond gery en die kinders het dit baie geniet."
"Dis 'n pragtige plek met die vriendelikste mense. Naby die stad so glad nie ure se ry om die Big 5 te sien nie."
"Geen, behalwe dat die ligging goed was ten opsigte van die plek waar ons vir 'n funksie byeen gekom het."
"Indien ons Pretoria besoek is dit gewoonlik vir doktersbesoeke en dan is Garsfontein vir ons ideaal, dis naby hospitale, winkelsentrums en veilig. "
"One needs to be careful because it's dry in winter and just thereafter, be sure you select spots in the woods/mountains if you require the greenery."
"Stil area. My vrou het op haar eie mall toe geloop en geen probleme gekry of bedreig gevoel nie."
"Inkopies was heerlik, maar heeltemal te besig na my sin. Verkies die rustigheid."