Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"Muldersdrift is baie goed geleë en maklik bereikbaar van die snelweg af. Dit is 'n idilliese omgewing vir troues."
"Die area is onbekend aan ons, maar die dae wat ons daar was, was baie aangenaam. Ons het van die winkelsentrums gaan besoek, asook natuurlik die restaurante. Daar is geen klagtes nie. Dit was alles skoon en aangenaam. "
"Melville is 'n moet vir kosliefhebbers en kunstenaars. Dit is 'n lekker snuffelgedeelte en wonderlik vir 'n wegbreek."
"Dit is die tipiese voorstedelike woonbuurt. Dit is stil en rustig, maar ver van toeristebestemmings."
"Lieflike bestemming om die Groot 5 te sien. Ons het net-net die olifante gemis. Ons was net by hek uit Sondag toe Wilma 'n SMS stuur om te sê waar olifante gewaar is... well better luck next time!"
"Ek was verbaas om te sien hoe naby dit eintlik is aan Magaliesburg, en hoe rustig dit daar is. Ek sal beslis weer gaan."
"Ons was gelukkig en het leeus en n jagluiperd op dieselfde dag gesien! Dit is soveel nader om die Groot 5 te sien en is net + - 65km van Pretoria af. Sal baie meer besoek! "
"As jy die tyd het, gaan loer rond! Hierdie is 'n uiters interessante plekkie! "
"Rustig en plek om net te chill. As jy verveeld raak is daar darem 'n Brewery en 'n pub naby."
"Ons sal nie Brooklyn as 'n toerisme-attraksie reken nie, maar Brooklyn Mall 'n heerlike winkelsentrum met heerlike eetplekke."
"Baie mooi area en ideaal vir buitemuurse aktiwiteite soos staptoere, fiets and ander bos-aktiwiteite."
"Baie mooi, lekker plek minder as 'n uur van die huis in Allens Nek af. Baie om te doen in die omgewing!"