Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3192 reviews.
"Melville is 'n moet vir kosliefhebbers en kunstenaars. Dit is 'n lekker snuffelgedeelte en wonderlik vir 'n wegbreek."
"Dit is die tipiese voorstedelike woonbuurt. Dit is stil en rustig, maar ver van toeristebestemmings."
"Lieflike bestemming om die Groot 5 te sien. Ons het net-net die olifante gemis. Ons was net by hek uit Sondag toe Wilma 'n SMS stuur om te sê waar olifante gewaar is... well better luck next time!"
"Ek was verbaas om te sien hoe naby dit eintlik is aan Magaliesburg, en hoe rustig dit daar is. Ek sal beslis weer gaan."
"Ons was gelukkig en het leeus en n jagluiperd op dieselfde dag gesien! Dit is soveel nader om die Groot 5 te sien en is net + - 65km van Pretoria af. Sal baie meer besoek! "
"As jy die tyd het, gaan loer rond! Hierdie is 'n uiters interessante plekkie! "
"Rustig en plek om net te chill. As jy verveeld raak is daar darem 'n Brewery en 'n pub naby."
"Ons sal nie Brooklyn as 'n toerisme-attraksie reken nie, maar Brooklyn Mall 'n heerlike winkelsentrum met heerlike eetplekke."
"Baie mooi area en ideaal vir buitemuurse aktiwiteite soos staptoere, fiets and ander bos-aktiwiteite."
"Baie mooi, lekker plek minder as 'n uur van die huis in Allens Nek af. Baie om te doen in die omgewing!"
"Ons was net daar vir 'n troue, so ek kan nie veel sê van toerisme nie. Die omgewing waar Place on Charles geleë is, is egter pragtig en rustig."
"Puik "golf estate" met baie goeie sekuriteit en 'n pragtige gholfbaan en klubhuis. Die atmosfeer is kosbaar en rustig. "