Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3192 reviews.
"Ons was net daar vir 'n troue, so ek kan nie veel sê van toerisme nie. Die omgewing waar Place on Charles geleë is, is egter pragtig en rustig."
"Puik "golf estate" met baie goeie sekuriteit en 'n pragtige gholfbaan en klubhuis. Die atmosfeer is kosbaar en rustig. "
"'n Baie mooi omgewing, rustig, naby ons kinders en familie, aan die sonkant van die Soutpansberg!"
"As jy nog nooit in die Wildtuin was nie, gaan kuier in Dinokeng. Dis regtig elke sent werd."
"Ons was te kort daar om sinvol kommentaar te lewer maar die indruk met deurry was netjies. "
"Pretoria-Oos is goed geleë en jy kan enige rigting ingaan van daar af."
"Die een ding wat my wel gepla het, is dat Beka Idube buite die Dinokeng Natuurreservaat val. Ons voel dat ons bietjie om die bos gelei is omdat ons gedink het dat ons binne/naby die reservaat gaan tuisgaan. Dit val wel binne die 'Greater Dinokeng area" - wat eintlik nogal groot is. Ons is baie lief vir die Dinokeng Natuurreservaat en het spesifiek gesoek vir blyplek binne die reservaat; Beka IDube was amper 40 km via 'n grondpad na die Dinokeng Natuurreservaat se "self drive" area. Ons voel dat dit dalk meer promenent op die beskrywing behoort te wees."
"Linden is gerieflik naby die dinamiese gewoel van Johannesburg, maar lieflik groen, rustig en merkwaardig vriendelik. Mettertyd maak 'n paar interessante winkeltjies en restaurante hul verskyning, en Linden word beslis al meer 'n bestemming in sy eie reg. "