Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3192 reviews.
"Ons het nie groot wild gesien nie, so ek dink daar is te min. 'n Mens ry ook nogal baie onder kragkabels, iets wat ek voor die tyd sou wou weet. "
"Was heerlik om self rond te ry en wild te gaan kyk en ons sal weer gaan! Goeie waarde vir geld! Het baie wild gesien, behalwe olifante, maar hopelik volgende keer. "
"Nothing can actually change there. The only thing I would say is: Please don't drop the standard, keep it up!"
"Lekker, unieke en interessante eetplekke en winkeltjies om elke hoek en draai."
"Was baie droog agv van watertekort en droogte. Cullinan is 'n pragtige ou myndorp. "
"Dinokeng is an easy drive from Johannesburg and is a lovely park. It's true that the game is quite sparse but we still saw quite a few animals and some wonderful birdlife. We had a very relaxing and enjoyable day out on the self-drive route. For what you pay and the ease of access the park is good value for money and definitely a good place for a long weekend."
"Silverfields is 'n lekker gebied om in te bly as jy op vakanasie is. Dis naby 'n avontuurpark met vryval, voetslaan, ensovoorts."
"Baie mooi en skoon dorp. Dis jammer oor die verspoelings na die storm wat hulle gehad het."
"Dinokeng is 'n natuurreservaat wat maklik bekombaar is vanaf Pretoria of Johannesburg. Die reservaat is groot en het baie paadjies en 'n groot verskeidenheid wilde diere. Ons het ongelukkig nie enige van die Groot Vyf gesien nie, maar dit was baie ruig. Dinokeng kan beter bemark word, aangesien ons glad nie geweet het wat om te verwag nie en hoe dit werk as jy eers daar aankom nie. Ons ken ook baie min mense wat al daar was, al bly ons in Pretoria en dis al vir 6 jaar oop. Die afsonderlike kampe word baie bemark maar nie die reservaat self nie. Die paaie is ook bietjie rof vir 'n gewone Sedan, maar verder was dit baie lekker."
"Kan jy glo dit is die eerste keer wat ek in Cullinan was en die dorpie is fantasties. Ek glo net Cullinan doen nie genoeg bemarking nie en dit sal baie hartseer wees as alles moet uitsterf - kyk net hoe het Parys begin blom. Cullinan julle moet plan maak."
"Die omgewing is dalk nie vir 'n gesinsvakansie nie, maar eerder vir besigheid of as 'n sentrale baken om na ander besienswaardighede uit te ry. Vir ons was dit lekker naby Cullinan, Bronkhorstspruit en 'n paar monumente."
"Close to the airport and Sandton - loved it. Easy traffic. Lanseria is a beautiful holiday destination"