Verified Reviews
George
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1042 reviews.
"Campher's Drift is baie sentraal geleë en 'n baie mooi gedeelte van George."
"Die strand is pragtig en die mense baie vriendelik. 'n Juweel wat hopelik lank so sal bly. Gerieflik naby alles geleë indien jy nie elke dag strand toe wil gaan nie. Die kafeetjie onder by strand is redelik gerieflik toegerus. Dalk moet iemand die besigheidsgeleentheid sien en iets naby die strand oprig in seisoen."
"George is centrally and conveniently situated in relation to surrounding tourist attractions."
"Pragtige boomryke omgewing. Rustige buurt. Dit is 'n entjie weg van die winkels en die see."
"As jy inkopies wil doen is die Garden Route Mall net die plek. Baie parkering en genoeg winkels om van te kies."
"Pragtige baai. Hoewel daar nie eintlik restaurante op die baai area is nie. Alles is ver daarvandaan."
"George is 'n wonderlike toeristebestemming. Sentraal geleë tussen Knysna en Mosselbaai met al die kleiner strande tussenin. As dit nie vir my kleinkinders wat in Gauteng woonagtig is nie, sou ek dit ernstig oorweeg het om my in George te vestig!"
"Pragtige skoon toeriste-vriendelike dorp. Wil daar gaan aftree eendag. Nr 1 in die hele land!"
"Baie mooi strandjie met goeie privaatheid buite-seisoen, maar kan bietjie oor-besig raak binne-seisoen - soos meeste strande van hierdie kaliber. Ook binne maklike bereik vanaf George Lughawe en die dorp self."
"George is 'n pragtige dorp en is lekker sentraal geleë. Ons dink selfs om dalk daar af te tree. "