Verified Reviews
George
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1042 reviews.
"Meer parkering vir strandgangers. Die drop kan ‘n vergunning maak dat motors op sypaadjies mag parkeer In die vakansie tyd. Om R500 boete te kry en dit is die mense wat vir die besighede geld inbring die tyd van die jaar is belaglik! "
"George for me I just love the Garden Route. Beautiful place to spend your holiday. A lot of of beaches, and tourist attractions. I enjoyed my visit to this beautiful City of George."
"George is sentraal en perfek vir toeriste wat die omliggende strande wil sien: Knysna, Oubaai, Mosselbaai ens. Oudtshoorn en Meyerspoort is wonderlik om te sien. "
"George is sentraal geleë wat besoeke aan baie ander plekke langs die kus, sowel as in binneland, maklik bereikbaar maak."
"Tyd was te min om by als uit te kom, maar sal beslis volgende keer langer bly om die mooi dorp beter te leer ken."
"Die baai self is 'n pragtige plek, sal vir enige een aanbeveel om te gaan draai op die strand."
"Haroldsbaai is baie rustig,veilig en sommer alles wat jy nodig het om te rus en jou siel te voed. Baie dankie aan LekkeSlaap se diens! Blyplek was volledig toegerus met meer as ons verwagtinge. Uitsig baie mooi. Sal waarlik weer van julle gebruik maak."
"Dis pragtig, het my asem weggeslaan, kan nie glo ek was nog nooit daar nie! Sal dit vir almal aanbeveel."
"Die mall is fantasties. Die winkels en eetplekke soos Wimpy en Spur in die mall is uitstekend."
"George kan so veel meer lewer. Museum kort hulp, vervoer vir die toeris wat nie 'n motor huur nie na Vic Baai en Wildernis bv. is 'n moet en waar is die gesellige eenman-bestuurde instansies waar mens 'n ete kan geniet om die plaaslike bevolking te help?"
"Heroldsbaai is 'n wonderlike plekkie om weg te breek van die stad se geraas."
"Baie mooi en goeie omgewing om 'n wegbreek te maak. Hier kan jy jouself weer vind."