Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1354 reviews.
"Pragtige, skoon en netjiese, asook rustige dorpie met heelwat lekker kuier en eetplekkies en ook baie om te sien en beleef wat ons kultuurerfenis betref."
"Pragtige dorp met interessante plekke om te besoek, ons was verras met die kwaliteit van die restaurante, spesifiek Muller House."
"Pragtige dorpie wat verbasend minder deurloop onder die algemene verval van ons land as meeste ander dorpies."
"Beautiful clean town with a lot of history. Quaint buildings which enlighten the mind. Everyone needs to visit Graaff-Reinet once in their lives."
"Iets spesiaal en die omringende natuurskoon en geskiedenis kan jou definitief langer besig hou as net vir een aand se verblyf!"
"'n Pragtige dorp, veral die skole in die dorp. Jy voel baie veilig in die dorp. Baie mooi kerk - definitief 'n aantrekkingspunt vir toeriste."
"Polka Restaurant is baie goed. Besoek aan "Valley of Desolation" is die moeite werd."
"Baie goeie area om te oornag of n dag of twee te spandeer. Mense kan ook heelwat langer bly as gevolg van alles om te sien en te doen. My kinders het in die Camdeboo Nasionale Park gekamp vir die nag en was ook baie tevrede."
"Skoon dorp. So mooi gerestoureer. Die "Vallei van Verlatenheid" is 'n moet sien."
"Vallei van verlatenheid was 'n ervaring, kon in kerk ingaan en dis pragtig binne, dorp is baie skoon."
"Ongelukkig baie verwaarloos. Daar is meer om te sien as vir eendag se besoek. Minstens drie dae."