Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2639 reviews.
"Prins Albert het 'n magdom "te doen": Van die wyn- en olyfplase, tot koffiewinkels, galerye en interessante winkels. Daar is gereeld gemeenskapsaktiwiteite soos die Leesfees. Dan is daar die Swartbergpas en ander."
"Lieflike herleweing en instandhouding van 'n Karoodorpie. Lushowe om van te kies en te keur. Die Leesfees was lekker. "
"Die Wimpy by die vulstasie het kragpunte vir selfone wat baie nuttig is en waardeer word terwyl ietsie geëet en gedrink word."
"Beslis 'n dorpie met sy eie bekoring en potensiaal. Oor die algemeen kan n toeris veilig voel,wat n uitsondering in SA is. Die inwoners is gasvry en vriendelik. Restaurante bied waarde vir geld. Ons sou graag langer wou vertoef."
"Prins Albert is 'n belewenis! Vriendelike, skoon dorp met goeie diens op alle terreine. Die heerlikste eet- en kuierplekke. 'n Lafenis vir mens se siel."
"Dit is ons eerste keer wat ons Prins Albert besoek. Dit is 'n eg plattelandse dorp met 'n rustige atmosfeer. Lekker ontbyt geëet by die Koffiehuis. Baie mooi hotel, langs die Koffiehuis, met pragtige ou meubels. Ons sal volgende keer meer wil rondloop om die dorp te verken."
"Baie aangename oornagplek, die weer is baie lekker en natuurlik 4 Sheep restaurant het puik kos en baie vriendelike personeel."
"As die natuur in jou are is, is 'n besoek aan die Karoo Nasionale Park ook die moeite werd."
"Inwoners is vriendelik en hulpvaardig. Wonderlike rustige Karoo bestemming wat besoekers met ope arms ontvang. Veral die personeel by die Swartberg Hotel het ons laat welkom voel en was professioneel en vriendelik te alle tye. 'n Moet besoek dorp."