Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2639 resensies.
"Dit was ons eerste besoek aan daardie omgewing en dus was elke oomblik iets nuut en `n groot ervaring!"
"Pragtige dorp. Ons het al verskeie kere hier besoek afgelê omdat dit so 'n mooi en goedversorgde en netjiese dorp is. Ons vertrou dat die dorpsbestuur daarin sal slaag om die plek so mooi en netjies te hou. "
"Prins Albert is beslis 'n besoek werd. Heerlike eetplekkies. Die museum moet beslis ook besoek word. "
"Ons het die plaaslike museum besoek, foto's van die historiese geboue geneem en koffie in 'n oulike winkeltjie gedrink. Daar is baie mense wat swaarkry en bedel op straat. Ek sou nie graag in die aand die dorp besoek nie. "
"Heerlike bestemming met baie doendinge! Jy moet meer as 2 dae hier spandeer om alles te sien en ervaar. Dit was baie lekker!"
"Lot of friendly residents. Peaceful surroundings and plenty of different destinations for day drives. Interesting shopping opportunities. Eating out is made easy with plenty choices. "
"Daar is regtig baie, baie goeie geriewe. Van gastehuise tot restaurante om van te kies. Van die boonste gehalte. "
"Pragtige Karoo-dorpie! Soveel om te sien en doen! Vriendeliker mense as in die Karoo kry jy nie! "
"Pragtige nuwe eetplek wat daar oopgemaak het en sommer die plek opkikker. 4Sheep! Het daar baie lekker geëet. "