Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 397 reviews.
"Hartenbos is 'n baie lekker plek om vakansie by te hou, ek kon my lag nie inhou vir al die snaakse winkelname. Die mense daar is baie vriendelik en dit is baie veilig."
"Heerlike vakansie-area. Baie om te doen en te sien. Ons gaan beslis terug om nog te sien. Ons tydjie was net te kort. Baie rustige en mooi omgewing."
"Die nuwe kompleks in Hartenbos was perfek, veral met die Waterpark reg langsaan. "
"Hartenbos is 'n lieflike dorp met vriendelike mense. Ons het die Boeremark wat op Saterdae gehou word baie geniet. "
"Die enigste teleurstelling is die feit dat daar 'n plakkerskamp op Diazstrand is en die strandlopers (vakansiegangers) aangerand en beroof word in die omgewing van die rotse. Lekker Afrikaanse en vriendelike gemeenskap. Ek sal dit geniet om daar te gaan bly of vakansie te hou. Die polisie moet net die misdadigers verwyder uit die omgewing."
"Ons kom al jare in Hartenbos en hoe die hele strandfront verander het is iets om aan gewoond te raak, maar dit is seker vir veiligheid so verander, maar vir kinders is daar nie meer soveel om te doen soos vroeër nie. 'n Mens word nou gedwing om Diaz toe te ry vir vermaak."
"Hartenbos is een van ons gunstelingvakansiebestemmings. Alhoewel dit baie besig in Desember is, geniet ons die atmosfeer en die mense, asook die vermaak wat deur die ATKV op Hartenbos aangebied word."
"Fantastiese bestemming vir my as Afrikaner. Die ver ry vanaf Limpopo was deur en deur die moeite werd. "