Verified Reviews
Hazyview
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hazyview
Rated 4.4 out of 5 based on 367 reviews.
"Ja, dis vreeslik lekker om daar vakansie te hou, want dis binne bereik van baie besienswaardighede."
"Naby aan die meeste dinge wat ons wou sien. Ook relatief naby aan van die hekke om Krugerwildtuin toe te gaan."
"Pragtig, sentraal tot die Laeveld se besienswaardighede en die Kruger Nasionale Park. Sal volgende keer definitief weer in Hazyview kom afsaal om te ontspan en batterye te herlaai."
Hazyview-Vakansiedorp, Hazyview
Safari Bed & Breakfast"Die dag se besoek aan die Krugerpark en Sabie is beslis die moeite werd veral as jy oorslaap by Bubezi Gastehuis."
"Goeie plek om te oornag of vir 'n paar dae te bly voordat jy in Wildtuin ingaan. Baie om te doen in die Hazyview-omgewing."
Hazyview-Vakansiedorp, Hazyview
Safari Bed & Breakfast"Ek dink die dorp as sulks is uitstekend geleë vir 'n reisiger na die Laeveld. Ek dink wel die paaienetwerk kort aandag, maar dit behoort nie 'n reisiger weg te hou nie. Twee groot winkelsentrums wat min of meer alles bied wat jy nodig sou hê indien jy iets by die huis vergeet het is beskikbaar, maar, dit gesê, kan die reisiger net so wel hier sy aankope kom doen sonder om met 'n oorlaaide voertuig die pad aan te durf. Ek moes 'n battery op my 4x4 vervang en het dit by Midas kon doen teen standaardtariewe met uitstekende diens."
"Lovely weather with shopping malls closeby in case you need something."
"Die dorp het ek net as oornagplek gebruik en daagliks in die Wildtuin deurgebring."
"Hazyview is ideaal, omdat daar baie is om te doen in die omgewing."
"Die Pioneer's Butcher and Grill and Topolino's Resturante se kos was puik gewees."
Hazyview-Vakansiedorp, Hazyview
Tatenda Guesthouse"Naby die Krugerwildtuin en het baie lekker restaurante om van te kies."
"Oulike toeristebestemming. Fantastiese restaurante en winkels om in te wandel."
"Die ligging het dit ideaal gemaak om redelik vinnig by die Phabeni-hek toegang tot die Kruger Nasionale Park te verkry. Die pad soontoe het verskeie slegte plekke."
"Summerfield Rose Farm en Spa is 'n asemrowend plek om te besoek. Thanks bush pub, waar jy die heerlikste kos kan verwag."