Verified Reviews
Jeffreys Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jeffreys Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 763 reviews.
"Jy kan sommer dadelik die Blouvĺag status sien. Baie skoon en goeie voorbeeld vir res van Suid-Afrika - mooi so Jeffreysbaai."
"Would be nice if Marnina Martinique had its own convenient store, travelling to shop in Jeffreys Bay is a bit out of the way."
"It is an awesome place to get away from the noisy city. The sound of the waves crashing and the smell of the sea breeze is amazing. I would recommend Jeffreys Bay to anyone at any time of the year."
"Jeffreysbaai is 'n pragtige dorp. Dringende aandag sal egter aan die paaie geskenk moet word. Die aantal ure beurtkrag - indien dit so voortgaan, gaan menige toerismebedrywighede in 'n doodloopstraat lei."
"Mal oor die hele vibe van die plek. Skoon see en strande en heerlike eetplekke met 'n groot verskeidenheid van kosse. Alles wat mens mag nodig hê, is daar beskikbaar."
"Jeffreysbaai is 'n pragtige kusdorp. Wat baie oplettend was, is die vriendelike mense wat daar woon en werk."
"Jeffreysbaai is 'n pragtige dorp. Die onmiddellike behoefte aan instandhouding van paaie behoort tans prioriteit te geniet. Loadshedding-tydperke van 4½ ure op 'n keer tot maksimum 11½ ure per dag pootjie die toerisme-bedryf."
"Baie lekker en veilige swemstrand. Restaurante binne loopafstand met heerlike verskeidenheid geregte. Het laat in die aande nog rondgestap en nooit onveilig gevoel nie. Polisie ry gereeld in die omgewing."
"Hierdie is 'n baie lekker en rustige vakansiedorp, wat met tye besig raak meestal op die gebied rondom die hoofstrand en middedorp. Verkeer in Da Gama-weg kan met tye frustrerend raak, maar daar was meestal verkeersbeamptes beskikbaar om die vloei te vergemaklik. Sal definitief weer J-Bay besoek!"
"Fantastiese, pragtige en skoon vakansiedorp. Ons is definitief in Desember 2023 terug."
"Heerlike vakansiebestemming met so baie om te doen. Wonderlike vuurwerk vertoning gesien reg voor woonstel. Swemstrand voor woonstel. Kan na baie plekkies loop en het altyd veilig gevoel."