Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1907 resensies.
"Augrabies Waterval is 'n moet vir elkeen wat wil rus na die Noord-Kaap. Die plase wat grens aan die Oranjerivier is uitstekend ontwikkel en word nie verniet Groen Kalahari genoem nie. Die groot aantal wingerde voorsien aan verskeie wynkelders, asook uitvoer van gedroogde vrugte."
"It is like an oasis when traveling the N14 and close the the waterfall very convenient."
"Het die uitstappie geniet en dit was heerlik om in daardie deel van die land te kuier."
"Dit het sy eie bekoring - net baie warm in die somer. Soveel om te sien as 'n mens gaan soek vir klein dingetjies. Groot en klein diere te kies en te keur. Regtig 'n besondere deel van ons land."
"We were passing through and we noticed nothing that we liked about Upington. So maybe we are not qualified to pass fair comment."
"Dis vêr, maar die groenigheid wat die Oranjerivier bied maak die plek ’n baie aantreklike toeristebestemming."
"Dit is 'n oulike, plattelandse dorpie - iets wat ons hier in die stede mis."
"Die Pienk Padstal by die brug is 'n moet. Net jammer die koffiewinkel by Belvedere was reeds toe met aankoms."
"'n Vriendelike dorpie omring van groen wingerde en ideaal vir 'n oorstaan op pad na die valle of Kalahari of Namibië."
"Upington is 'n pragtige plek, uniek en eintlik so naby aan die ander juwele in die Noord-Kaap. Dit voel soos 'n stukkie van die Kaap. Ons het 'n lieflike aand gehad met aandete by die Red Ox - wat 'n aangename verrassing! Pragtige uitkyk oor die rivier en die kos was baie lekker. Omgee mense."
"Hul kort swembaddens. Dis ongelooflik warm in die area en daar is min afkoelplekke."
"Ons was bevoorreg om die watervalle by Augrabies in vloed te kon sien. Wat ’n pragtige gesig."
"Natuurlik nie altyd so skouspelagtig soos na die baie reën nie. Jy moet alles doen en rondry - oor Blouputs, na Riemvasmaak en lekker bier by Khamkirri."