Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1907 resensies.
"Upington is een van die Noord-Kaap se juwele. Skoon, netjies, veilig. Dis 'n pragtige dorp met vriendelike en behulpsame mense en 'n rustige atmosfeer. Vir seker 'n móét op jou besoek of reis deur die Noord-Kaap!"
"Baie interessante omgewing met 'n verskeidenheid van toerisme aantreklikhede."
"Kalahari se stilte is medisyne vir jou siel. Hier maak mens kop skoon en die liefde, omgee en hartlikheid van die mense bly jou by."
"Pragtige vistas en voëls in 'n droë klimaat wat sal aanklank vind met natuurliefhebbers."
"Meer 'n besigheidsbestemming. Daar is egter goeie restaurante en 'n winkelsentrum sou jy belangstel. Die dorp is skoon en netjies."
"Ek beplan om binnekort weer so draai te gaan ry. Ek beveel enige persoon aan om deur die Kalahari te toer. Moet nie haastig wees nie, geniet die anderse natuur wat jy nie elke dag sien nie. Ek glo met my volgende besoek sal dit nog rustiger wees en sal ek langer by plekke wil oorbly sonder voertuigbreke."
"Oulike dorpie vir oornag op pad Weskus toe of Windhoek toe. Voel veiliger daar as in Kuruman."
"Die Augrabies Falls National Park fasiliteite is top-notch en die valle self is asemrowend!"
"Friendly and functional town. All amenities one needs and close to Kgalagadi N.P. and other attractions."
"Dit is 'n baie interessante dorp en omgewing en ons het dit reeds dikwels besoek, maar tans is dit vuil, onversorg en vol slaggate in die paaie. Die aanwysings is onduidelik en naamborde is gesteel of net nie daar nie. Dit voel onveilig om daar te ry."
"Baie mooi area, en goed geleë as jy die groter area soos Riemvasmaak en Augrabies wil verken."