Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11594 resensies.
"Nie baie rondbeweeg nie, maar personeel by die Caltex garage asook by Spur baie vriendelik en behulpsaam."
"Die Biltong Deli se Karoo lamtjoppies se pryse is baie billik. Droëwors ook baie lekker."
"Ons het die teerpad gevat, net die laaste entjie was bietjie sleg, baie klipperige pad en bygesê het ons in die reën daar aangekom. Ons het rondgeloop na die verskillende eetplekke, kuns en fossiele ook gaan kyk. Al die mense is baie vriendelik en verwelkomend en staan nie terug om vir jou meer van hul dorp te wys nie. Ons het dit as halfpad oorslaap gebruik oppad see toe, maar sal graag weer wil kom vir naweek wegbreek. Hoogsaanbeveel! "
"I loved Graaff Reinet and will be planning a four day stay in the near future. Well run and friendly."
"Het een keer probleme met ons voertuig gehad en hulle was baie behulpsaam gewees om ons te help. Die Hotel is 'n goeie plek om ook te oornag, wat heerlike kos bedien."
"Die Uilhuis was definitief 'n hoogtepunt! Ons het vreeslik lekker gekuier en geëet op die Karoo Lam se stoep. Vreeslike vriendelike mense, ons wil definitief teruggaan. "
"Meer reisigers kan gerus van Britstown 'n oornagplek maak - dit behoort die dorp as toeristebestemming te bevorder."
"Dit is 'n besondere mooi dorp. Sal nie omgee om self daar te bly nie."
"Pragtige dorpie, wens ek het meer tyd gehad om die dorp te besigtig. Sal definitief weer kom kuier."
"Moet minstens 'n dag en meer aafstaan vir al die toeriste-aantreklikhede."
"Quiet and nice, small city. It's a good stop if you decide to do the Swartberg pass (and before it visit the huge and beautiful Cango Caves)."
"Dit is 'n wonderlike en interessante dorpie. Ek sal weer kom kuier en langer tyd daar wil spandeer."