Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11594 reviews.
"Die restaurante is puik en die hele dorp is pragtig onderhou, ouwêrelds maar wêreldklas diens."
"Ons het 'n wonderlike dag deurgebring in die Karoo Nasionale Park. Ons sal dit hoogs aanbeveel vir diegene wat nog nie 'n tydjie gemaak het om die park te besoek nie. "
"Ongelukkig was daar nie tyd en geleentheid om die dorp te bestudeer nie, maar dit verdien groot aandag om as toeristeoord ontwikkel te word!"
"Cultural place, nice bookstore and museums. The valley of desolation is a must see, beautiful view!"
"Baie gawe mense en die potjiekos- en witblitsaand was sommer baie lekker en het interessante mense ontmoet. "
"Daar is regtig niks naby Graaff-Reinet nie, wat dit 'n idillies en rustige wegbreek maak. Die Vallei van Verlatenheid is asemrowend met 'n ongelooflike uitsig oor die dorp en omgewing. "
"Merino Restaurant is 'n MOET vir aandete! Fantastiese kos en waarde vir jou geld, asook fantastiese vriendelike diens!"
"Nice town. Good food (go to the Brewery for lunch), and the Owl House is very impressive. "
"Nice town, close to Camdeboo and Valley of Desolation. Good restaurants at walking distance. Would not recommend more than 2 days though, as the town is quite small. "
"Wat 'n pragtige dorpie. Net vinnig daar deurgery. Sal beslis volgende keer langer bly en die dorpie verken."
"Behalwe vir die ongelooflike restaurant, Plattelander, was daar nie veel om te sien nie!"
"Baie klein dorpie, net reg om oor te slaap en dan weer die lang pad aan te durf."
"Daar is definitief 'n besigheidsgeleentheid vir die uithuur van bergfietse, veral as die nabye natuurreservaat dit sou toelaat. Watersport het ook potensiaal."
"Dit is 'n besondere ervaring. Die afgesonderdheid van die gemeenskappie, hoe hulle as klein vriendekring mekaar dra en die leefstyl wat ons lankal van vergeet het, was opnuut 'n kleine film om te waardeer."
"Wonderlike toeristebestemming, nog lank nie klaar gekuier nie en sal baie graag wil teruggaan!"
"Dit was wonderlik. Verlief geraak op die dorp. Kan nou nogsteeds nie uitgepraat raak oor Graaff Reinet nie."
"Veilig, skoon en vriendelik - nie veel om te doen in die dorp self nie. Die aanbevole restaurant was werklik 'n vreugde. Weereens goeie diens, vriendelike personeel en uitstekende kos!"
"Ek was verras oor die mooi hotel daar. Dis oor die 100 jaar oud en het 'n pragtige binneplein met restaurantgeriewe. 'n Delikatessewinkel is ook deel van die hotel."