Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11594 resensies.
"I love Beaufort West as my husband grew up in the town. Still the only place I stay overnight on route to Cape Town from Gauteng."
"Die hitte is wel erg maar mens moet daarby verby leef - dit is immers die Karoo. Nieu-Bethesda, die vallei, Kaktus-plaas, Grootkerk en geskiedenis van die dorp is elk 'n belewenis op hul eie. Die dorp is baie rustig en baie skoon. Die dorp en omgewing roep om 'n volgende besoek. "
"Pragtig! Skoon dorpie, lieflike natuurskoon, pragtige Karoonagte! Interessante winkels en eetplekke. Lekker om sommer net deur die dorpie te stap. Inwoners is vriendelik en behulpsaam. Hierdie is die ideale plek om sommer net te ontspan en rustig te wees. Die omgewing van Prins Albert is merkwaardig en mooi. Dit is beslis 'n besoek werd!"
"Ons het Britstown toe gegaan vir die skoon lug en rustigheid, asook die heerlike stil nagte. Dit het ons in oorvloed ervaar. Daarby is Britstown 'n skoon dorp met al die noodsaaklikste dinge. "
"Het nie werklik tyd gehad om die dorp te besoek nie, maar die omgewing bied definitief heelwat vir die natuurliefhebber."
"Colesberg is a nice half way stop. A pleasant and friendly city that provides a pleasant half way stay."
"Ons het laatmiddag deur Graaff-Reinet se strate gestap en was beïndruk met die netheid. Daar was nie 'n papiertjie, bottel of blikkie te sien in die strate of op sypaadjies in die paar blokke wat ons gestap het nie. Dit lyk of die geskiedenis en kulturele erfenis van die dorp mooi bewaar en in stand gehou word."
"Pragtige dorpie, daar is baie om te doen en 1 dag is heeltemal te min om alles te doen wat Nieu-Bethesda bied."
"Colesberg gaan altyd net 'n oorslaapplek wees. Die dorp is baie verwaarloos."
"Die Swartbergpas is beslis nie vir mense wat aan hoogtevrees ly nie! Ek beveel eerder die pad deur Meiringspoort aan. Die natuurskoon is asemrowend."
"Nie-Bethesda is a must! I thought three days would be enough to see everything but sadly I needed even more days to finish exploring. Next time I will come in the cooler months as there are many walks on my list that are too hot to do in summer."
"Gariepdam is 'n ideale wegbreekdorpie indien iemand van die gejaag van die stad wil wegkom. Die hotel en oord blyk die ideale blyplekke te wees. "
"As jy deur die strate loop, sien jy die pragtigste geboue wat nog uit die vroeë 1900's dateer. Dit was heerlik om net in die straat te loop en nie bang te wees dat jy aangeval gaan word nie. Dit is definitief 'n baie goeie oornagplek as jy lus het om net 'n verposing in jou rys te neem."
"Pragtige dorp met die mooiste berge, karaktervol, mooiste bome langs die hoofstraat, en interessante winkeltjies om in rond te snuffel! Die Swartbergpas is 'n belewenis en die moeite werd om aan te durf!"