Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1904 resensies.
"Oudtshoorn sal ons weer sien. Twee dae was te min om die dorp en al sy besienswaardighede heeltemal te geniet."
"Wonderlike dorpie! Gaan koop droë vrugte en 3 berge brandewyn!"
"Baie om te doen in die omgewing. Pragtige natuurskoon en lekker eetplekke. Baie vriendelike mense."
"Ideale dorp om omliggende dorpe van te besoek. Baie besienswaardighede en doen dinge."
"Whilst we understand Covid restrictions, it would be nice if some of tourist attractions are over a weekend."
"Oudtshoorn is Karoo-mooi met vriendelike, landelike mense! Die groot Swartberge in die agtergrond bly maar my liefde en daar is baie plekke om te besoek met kinders!"
"Ons is gek oor Montagu! Die vriendelike mense, al die besienswaardighede en dinge om te doen maak dit beslis 'n kuier werd. Die vars Karoolug en natuurskoon dra by tot 'n ervaring wat almal moet ervaar, selfs al is jy nie 'n Karoo mens nie. Montagu is beslis 'n juweel met baie om te bied. Mag die dorpie van krag tot krag gaan!"
"Ek geniet die skoon oop lug. Ek wens ek kon langer kuier en nie net oornag nie. Die dorpie is uiters skoon en netjies."
"Wonderlike omgewing met puik restaurante. Pragtige geskedenis en Cango Grotte was 'n belewenis."
"Yes I really enjoyed the trip from Cape Town to outshoorn through Barridale and will do it again."
"Die informele woonareas is 'n bietjie van 'n oogseer. Die omligende plaasareas is baie mooi. Die dorpie is mooi. Die Kango Grotte is 'n moet sien. Die diens oral is baie vriendelik en die Afrikaans was baie verwelkomend."
"Kango woodfired pizza is die beste. Ek beveel dit baie sterk aan as jy van pizza hou!"
"Maak tyd vir hierdie pragtige dorp. Draai af van R63 en ry in Bathstraat. Parkeer, loop rond en besoek die plattelandse winkels en eetplekke. Beslis die moeite werd."
"Oudshoorn is uitstekend sal baie graag weer wil terugkeer maar na Covid19, want wil baie graag die adventure-toer gaan doen by die Kangogrotte."