Geverifieerde Resensie
Kruger To Canyons
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger To Canyons bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1140 resensies.
"Daar is tonne om te doen en om elke draai is 'n pragtige uitsig. Mens sal maande hier kan besig bly om al die besienswaardighede te sien en al die aktiwiteite te doen. Meeste van die aktiwiteite is ook vriendelik op 'n mens se sak, wat genoeg speling los om te 'splurge' op die duurder aktiwiteite, soos die 'Big Swing'."
"Die paaie in die omliggende dorpe en selfs in Sabie maak dat ek nie sommer weer die area sal besoek nie. Dit het geweldig agteruit gegaan. Die inwoners sal op een of ander manier moet saamkom en beheer neem van die munisipaliteite om dit weer die toeristearea te maak wat dit was."
"Die herstel van slaggate in die strate is noodsaaklik. Verder behoort deeglik aandag gegee te word aan aanwysings in die dorp. 'n Lys van besienswaardighede behoort by die inligtingspunt beskikbaar te wees. Dit moet minstens in Afrikaans en Engels uitgegee te word."
"Net jammer die treintrok restaurant het nie die Covid-ekonomie oorleef nie, maar ons het dit geniet by The Wild Fig."
"Net hartseer dat die Treintrok restaurant nie Covid oorleef het nie. Maar die Wild Fig restaurant het ons verbaas met 'n awesome atmosfeer, en heerlike kos."
"Sabie is in 'n pragtige omgewing geleë, naby verskeie belangepunte in die Mpumalanga-omgewing."
"Soos meeste dorpe in SA, is Sabie ook besig om te verval wat paaie en dienslewering betref. Die omgewing bly egter natuurskoon en aangenaam om te ervaar. Toeriste moet altyd waaksaam wees teen misdaad."
"Ons geniet dit altyd in Graskop maar 'n mens begin nou baie onveilig voel wanneer jy, bv Spar toe gaan. Daar is baie informele handelaars buite."
Hazyview-Vakansiedorp, Kruger Tot Canyons
Tatenda Guesthouse"Die dorpe in die platteland van Suid-Afrika het die afgelope 20 jaar agteruitgegaan en die werklike "omgee" en die algemene indruk van die dorpe laat maar aan veel te wense oor. Vuil strate, swak paaie, met ongelukkig baie leeglêers word maar oral gevind en soms is jy as toeris maar bekommerd oor jou eie veiligheid, aangesien jy maklik onderskei kan word van die plaaslike inwoners. Die grootste voordeel vir Hazyview is natuurlik sy klimaat en sy ligging so naby die Krugerwildtuin."
"Sabie has the best restaurants and the Brewery is definitely a highlight from our trip. They also offer the best pizza in town. The Wild Fig is also a nice stop for a light lunch! Sabie is also home to a few waterfalls - we made the trip to the Bridal Veil (a long walk up - but totally worth it)."
"Baie min te doen en te besigtig in dorpie self. Weefwinkel aan te beveel."