Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3739 resensies.
"We booked for visiting the Golden Gate National Park and didn't know Clarens before our stay. We discovered a very nice, safe and attracted place, offering several activities and entertainment."
"Nie besef dit was sooooooo koud in die nag nie, maar dit het nie 'n demper op die naweek gesit nie! "
"Clarens is pragtig in alle seisoene, maar besonder mooi in herfs met die groot kontras tussen die die immergroen bome en die herfskleurige blare van die bladwisselende bome. Ons het 'n troue by St Fort bygewoon, wat 'n baie gerieflike afstand was van hierdie verblyf. Ons middagete by die Roter Hahn was ook (soos altyd) 'n hoogtepunt! Kom lank genoeg, 'n mens het 'n hele naweek nodig om alles in te drink van hierdie mooie dorpie, en om 'n besoek aan Golden Gate ook in te pas. "
"Baie lekker plekkie met baie lekker winkeltjies om deur te stap. Net baie duur! Die Jacket Shop was fantasties! Baie hulpvaardige Adeline - ons het haar Angel gedoop!!! Goeie gehalte klere baie bekostigbaar! "
"Lovely town with beautiful surroundings. Really love the vibe in town. The restaurants are getting quite expensive though and the quality of the food is not that great, so we never really feel that we are getting our money's worth when there. Still a nice day trip if you are staying in the area. The beer tasting at the Clarens Brewery is an absolute must!"
"Fouriesburg is baie goed geleë. Ons het verskeie plekke kon besoek sonder om ure aaneen hoef te ry. Sal baie graag weer daar wil besoek aflê. "
"Geen kruidenierswinkel beskikbaar nie, so neem jou eie saam."
"Die dorp bied nie veel nie maar daar is pragtige natuurskoon en historiese besienswaardighede in die omgewing."
"Die omgewing is pragtig en dit is naby genoeg aan Clarens, Golden Gate en Ficksburg om dié plekker ook te verken. Ons het heerlike wafels en koffie by die Fouriesburg Country Inn geniet en 'n middagete by die Plaas Stoep-restaurant. "
"Ons is baie lief vir Clarens. Die pragtige kleurskakerings van die berge, sandsteen en populierbome maak dit prentjiemooi. Clarens het 'n lewendige en gesellige kuier atmosfeer, oral waar mens gaan. "
"Lieflike dorpie met fantastiese kuns en uitsig. Naby aan natuur en Golden Gate. Sal verseker weer besoek. "
"Dit is n dorpie waarna 'n mens altyd sal terugkom om die mooi natuur en die bedrywighede te kan geniet."
"Het verlief geraak op die plek, was ons eerste keer - maar defnitief nie die laaste!!"