Successfully reported

Verified Reviews

Maloti Route

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route

Rated 4.6 out of 5 based on 3739 reviews.

Fouriesburg, Maloti Route

Wegkomkans B&B

"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."

Clarens, Maloti Route

Cottage Pie

"Clarens laat my voel of ek op 'n ander kontinent is, ontspan van dag een af."

Clarens, Maloti Route

Jovali

"Clarens is 'n mooi toeristebesteming. Dit is 'n besige dorp oor naweke, maar nie te bedruk nie."

Ficksburg, Maloti Route

Bella Rosa Guest House

"Need help with good entertainment. Cheap food and drinks."

Ficksburg, Maloti Route

Bella Rosa Guest House

"Kersiefees het hulp nodig met die sang se aandprogram. Kunstenaars was swak op die Donderdagaand. Net 20 mense was teenwoordig. "

Clarens, Maloti Route

Mont Rouge

"Baie in en om die dorp om te besigtig."

Clarens, Maloti Route

La Bri

"Would imagine a decent supermarket close by. Would be a boon (e.g. Checkers, Spar etc.)."

Clarens, Maloti Route

V'Kansi Khaya

"Heerlike ontspanning en diversiteit in die dorp. Omgewing is natuurlik beeldskoon!"

Clarens, Maloti Route

Domaine Sérénité

"Besoek gerus die Highlander Espresso bar vir uitstekende koffie!"

Clarens, Maloti Route

Knock Out View

"Dit was wonderlik om in so 'n skoon dorp met sy eie unieke karakter te kuier. Die afwesigheid van die winkels wat orals anders te siene is - die franchises en kettingwinkels - was verfrissend en sorg vir 'n groot deel van die dorp se uniekheid. Die natuurskoon is natuurlik 'n groot pluspunt! Die vriendelikheid van die mense was ook opvallend."

Clarens, Maloti Route

Jovali

"Clarens is 'n oulike toeristebestemming en die feit dat jy op een plek kan parkeer en orals heen kan stap is 'n bonus. Daar is interessante winkeltjies, maar van die items is nogal duur. "

Clarens, Maloti Route

Rooiland

"Dit is 'n baie mooi omgewing en ook baie interessant met al die kunswinkeltjies en eetplekke. Baie beïndruk met die mooi landskap en berge."

Clarens, Maloti Route

The Nelsbells Cottage

"Sal definitief weer in Clarens 'n draai maak."

Clarens, Maloti Route

Zwartmodder

"Pragtig, die moeite werd om te besoek"

Clarens, Maloti Route

Red Mountain House

"Vriendelike mense, lekker eetplekke en baie kuns. Lekker naby Golden Gate wat waarlik 'n belewenis is om deur te ry. En moenie vergeet om die twee draaie te ry en die diere wat in groot troppe daar in die berge bly te bewonder nie."

Clarens, Maloti Route

Highland Quarters

"Enige toeris moet Clarens ten minste een maal beleef en deur die Golden Gate Nasionale Park reis"

Clarens, Maloti Route

Zwartmodder

"Interessant en nie die gewone nie. Eetplekke is voortreflik."

Clarens, Maloti Route

RiverWalk Guest House

"Winkels maak al 16h00 toe. Te vroeg vir n Vrydagmiddag!"

Clarens, Maloti Route

Fairview Cottages

"Die omgewing is pragtig. Tipiese kunsdorpie, maar oulik."

Clarens, Maloti Route

Larola Terraces

"Claren sal altyd een van my gunstelling plekke bly om te besoek. Winkeltjies te veel vir een dag en kry dit reg om jou beursie leeg te maak, al het jy nie beplan om geld uit te gee nie, kuns galerye fantasties. Restaurante heerlik. Roter Hahn Restaurant en Delhi het 'n heerlike eg-Duitse spyskaart en puik diens en lekkernye vir piekniek hou by Golden Gate. Die Clarens Bier Brouery is ook 'n moet!"

Clarens, Maloti Route

Fairview Cottages

"Mal oor die plek. Sal beslis weer en weer gaan."

Clarens, Maloti Route

Titanic View - Place of Peace

"Rustig en baie mooi daar, net winkels sluit te vroeg. Teen 5 uur is dorpie se winkels gesluit."

Clarens, Maloti Route

Clarens Lakeview Cottage

"Klara Lodge of níks! Lief vir Clarens, gaan elke maand daar rus."

Fouriesburg, Maloti Route

Oranje Guest Farm

"Baie gastehuise en gasteplase - goed geleë!"

Clarens, Maloti Route

The Clarens Country House

"Ons het ons besoek aan Clarens vreeslik geniet. Dis net jammer dat van die kleiner snuffelwinkeltjies toegemaak het en sommige plek moes maak vir meer eetplekke."

Clarens, Maloti Route

Talking Trees Self-Catering House

"Clarens is 'n ideale wegbreekbestemming vir ons Vrystaters wat ver is van al die lieflike toeristebestemmings. Dis geleë in pragtige natuurskoon en daar is genoeg bedrywighede om 'n naweek in 'n onvergeetlike ervaring te omskep wat eet, drink, koop en ervaar betref. "

Clarens, Maloti Route

The Clarens Country House

"Ek sien nie eintlik tekens dat daar 'n uitreikprogram is na werkloses en so nie. In Dullstroom was motorwagte wat duidelik opgelei is om jou welkom en veilig te laat voel terwyl Clarens kennisgewings ophet om betaling aan hulle te ontmoedig. 'n Mens kry die idee van 'n verdeelde gemeenskap."

Clarens, Maloti Route

Titanic View - Place of Peace

"Enige tyd sal ek die bestemming aanbeveel. Jy kan die mooiste geskenkies koop, en sommer in die aand deur die strate loop - wow!"

Page
Page 107 - Showing 3181 to 3210
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers