Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3739 resensies.
"Fouriesburg het baie basiese fasiliteite. Neem maar kruideniersware saam. Die "general dealer" op Fouriesburg het baie beperkte keuses. Daar is restaurante en slaghuis wat goed lyk, alhoewel ons dit nie besoek het nie. Naaste inkopies is Bethlehem, Clarens of Ficksburg (50 km weg)."
"Pragtige area om te besoek. Veilig en skoon. Pragtige winkeltjies en eetplekkies. Ons het dit baie geniet. "
"Dit is waarlik 'n besonderse juweel in ons land. Een van my gunsteling vakansiedorpe."
"It may not be everyone's cup of tea, but I prefer Fouriesburg to the more touristy Clarens when visiting the region. "
"Soos enige toeristebestemming is die winkels baie duur. Maak seker jy vat baie geld saam, want alles is mooi! Daar is net nie veel vir die kinders om te doen nie, so ek dink nie dis 'n plek wat kinders sal geniet nie. Maar oor die algemeen het ek en my man elke oomblik daar geniet."
"Dit is 'n kosfundi en kunsliefhebber se ideale dorpie en vir die wat iets rustig en warm soek."
"Beautiful surroundings, lovely shops and restaurants were also great. Lovely weekend away!"
"Clarens is 'n interessante naweekbestemming, maar ons sal nie hier vakansie hou nie. Genoeg verskeidenheid om te sien. Sommige besighede se waarde is egter buite Suid-Afrikaners se mark geprys. Die omgewing is 'n bonus vir die siel!"
"Baie plekkies om te besoek en te geniet. Veral die bierproe en drink by die brouery was lekker."
"Lekker dorpie, heerlike en rustige atmosfeer. Heerlike restaurante, uitstekende gholfbaan en baie besienswaardighede."
"Lovely quaint town. Lots of art stores and good shopping. Be aware that many places including grocers take cash only. Good eating places. Very accessible for day trips. Lots of activities to do in the area."
"Elke jaar is daar minder kuns om te sien. Wil nie al die pad soontoe ry en algemene goed sien nie."
"Lekker toeristedorpie met genoeg winkels, galerye, restaurante en natuurskoon om van te kies."