Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 2002 reviews.
"Verkeer net 'n nagmerrie Mosselbaai se kant toe, maar het Hartenbos agtergekom en ry liewers daardie kant toe."
"Mosselbaai bied sowaar 'n ietsie vir elke smaak aan. Skoon en netjies, kan sien daar word moeite gedoen om alles op 'n goeie standaard te hou. "
"Die dorp is skoon, 'n plesier om rond te ry en te sien hoe daar skoongemaak word. Onderhoud aan strate word gedoen, munisipale tuine word netjies en skoon gehou."
"Dit is 'n goeie keuse om te kom ontspan. Naby alles. Met die rustigste atmosfeer."
"Mosselbaai is 'n uitstekende toerismebestemming en die ligging fantasties vir reisigers vanaf Kaapstad per pad of reisigers wat invlieg via George. Baie om te doen en te sien."
"Baie mooi vakansiebestemming, skoon en netjies. Sal aan vriende aanbeveel vir vakansies."
"Baie goeie plekke om te besoek - veral koffiewinkeltjies! Baie plekke besoek wat skoon is en 'n goeie onthou gelos het op ons harte."
"Mosselbaai is 'n ongelooflike plek! Ons het in ons week daar so verlief op die plek en die mense geraak. Daar is so baie geskiedenis in Mosselbaai en so baie om te doen en leer, die strande is perfek vir swem en as jy nie daarvan hou nie kan jy so baie ander goed daar doen."
"Als loop net reg in Mosselbaai! Die beste munisipaliteit. Dorp van die Jaar, beste weer in die wêreld met lekker warm see. Wat meer wil 'n mens hê? In Mosselbaai waardeer en sien ons net meer God se skeppingswerk raak. Die mooiste sonsopkoms en sonsondergange! Mosselbaai sit jou net in 'n ander klas van lekker wil lewe en die lewe waardeer en geniet. Ons woon in Worcester, maar ek is op die Mosselbaai Facebook Groep 'n lid. So kry ek al die nuusgebeure, mooiste foto's en wat om nog te doen en plekke te sien se inligting. Ons as gesin is verslaaf aan Mosselbaai."