Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6283 reviews.
"Puik toeristebestemming. Rustig en kan lekker uitrus. Die mak diere wat vry loop skep ongelooflike atmosfeer. Genoeg winkeltjies in Marloth Park om al die nodigste goedjies te koop."
"Verblyf streng gesproke nie in Hazyview nie, maar tussen Witrivier en Hazyview. Afstand van Hazyview juis voordeel van verblyf aangesien Hazyview ontwikkel in 'n besige metropool met sekuriteitsrisiko's en afstand rustigheid en sekuriteit bring. "
"Marloth Park is 'n lekker rustige park waar jy kan rondry en diere besigtig. Al wat ons kan voorstel: die winkels is te duur, en goedkoper produkte sal dit die moeite werd maak as 'n gesin inkopies wil doen. Verder is almal baie vriendelik en daar is van alles beskikbaar, net te duur. "
"Ek is bly ek het dit ondervind, maar daar is baie ander plekke by Lekkeslaap waarby ek wil uitkom. "
"Wel, indien die gemeenskap en omgewing nie baie dringend hierdie ernstige probleme gaan aanspreek nie, gaan minder en minder toeriste Sabie besoek. Ek is baie seker dat daar wel ander toeriste-akkommodasiegeriewe is wat met dieselfde probleem sit."
"Dis hartseer dat dit tans so droog is oral, maar hopelik sal ons gou reën kry. Marloth is aangenaam en lekker om net te ontspan."
"Winkels en van die koffiewinkels wat 5 uur op 'n Vrydag en Saterdag toemaak maak nie vir my sin nie."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Wokini Guest House & Game Farm"Bly net weg uit die middestad-area."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Panorama Guest Farm"Baie beter vandat die hoofweg klaar is en die paaie opgradeer is vandat ek 5 jaar laas daar was. "
"Machadodorp het ongelooflike potensiaal. Die huise en kerke is baie mooi, maar die stand van paaie en skoonheid is die dorp se ondergang. "
"Net die ontsettende droogte - maar daaraan kan ons as mense niks doen nie!"
"Even though the town seems run down from when I was there 10 years ago, it still has that small town feeling which we still enjoyed as a holiday destination away from the busy city."
"Rustige dorp met lekker eetplekke. Het die ou Hotel se voorgeregte geniet en Mayfly Restaurant se kos en diens was baie goed."
"Hazyview is an awesome town and we have fallen in love with the destination. The weather is great and there is plenty to do for everyone. Do yourself a favor and visit."
"Indien jy nie weet wat beteken "tranquillity" nie kom dan Kaapsehoop toe om die antwoord te kry."
"Ons geniet Dullstroom omdat dit slegs 2 ure van Pretoria af is en dit is 'n lekker wegbreek nie te ver van die huis af nie. "
"Pragtige, bekoorlike, ouwêreldse dorpie wat beslis weer en weer besoek kan word."
"Ongelooflike plek! Lekker om so naby die natuur te wees, om te kan gaan stap en so naby die diere te kan kom. As jy nog nooit in Marloth was nie, maak 'n plan. Dit is 'n stukkie hemel op aarde."
"Met al die oorsese gaste raak Sabie bietjie duur en baie besig vir ons local SA burgers. Jy moet nou vir alles ingang betaal: Mac Mac Falls, Mac Mac Pools, God's Window, etc."