Verified Reviews
North West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North West
Rated 4 out of 5 based on 1926 reviews.
"Dit was ons eerste keer in Klerksdorp en beslis nie nie laaste nie. Dis 'n lekker dorp met vriendelike mense. "
"It’s a calm environment but it would be helpful to have Taxify or Uber since a lot of people travel to sun city."
"Heeltemal te min ontgin en onbekend aan meeste mense. Ken dit net omdat ons in die omgewing grootgeword/voorheen gekuier het."
"Die dorpie is maar sleg, maar die natuurlike omgewing soos by Hanging Garden is beeldskoon. "
"Would not say it's a holiday destination to visit Brits, but surrounding areas have a lot of attractions that is worth staying in Brits."
"Ons gaan gereeld vir ons kind in Potchefstroom kuier vanuit die Kaap en hou daarvan om in gastehuise te bly, omdat ons nie altyd als kan saamneem om in selfsorg te bly nie. Die Bult is baie naby aan die Kampus geleë, en jy voel deel van die studente-gemeenskap, alhoewel die Grey Manor weg is van die geraas van die laatnag kuiers van die studente."
"Ek glo Zeerust is moontlik belangrik vir verbygaande reisigers, ons was egter vir 3 ure in Madikwe by Abjaters hek in en uit. Behalwe vir redelik baie stof het ons in die kort tydjie ses soorte diere gesien, van Olifante tot 'n skilpadjie."
"'n Klein probleempie, daar is nie veel om te doen nie en jy moet redelik ver uitry vir enige besienswaardighede, maar verder onbeskryflik mooi."
"Dis 'n studente bymekaarkomplek. Maar van die restaurante is so dat dit glad nie pla nie, is rustig genoeg, en lewendig genoeg."
"Brits is maar soos enige ander dorp in die land, jy kry die goeie en die slegte. Ons was gelukkig gewees om Brits te ken deur my skoonsuster wat daar woon. Die woonbuurt is pragtig waar Grasdak Guesthouse is, maar ongelukkig kan mens nie dieselfde van die dorp sê nie."
"Uitstekend geleë naby Wilmed Park Hospitaal. Sal in vervolg al ons pasiënte aanbeveel om daar te oornag."