Verified Reviews
North West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North West
Rated 4 out of 5 based on 1926 reviews.
"Dit het wel onlangs baie gereën, maar iewers sal die munisipaliteit iets aan die paaie se toestand moet doen. Dis in haaglike toestand en gevaarlik vir bestuurders wat nie die area ken nie."
"Studentedorp en daarom verwag mens dat dit bedrywig sal wees maar omdat dit my Alma mater is, het ek geniet om weer daar rond te ry."
"Goot Marico is mooi, maar baie verwaarloos. Het uit gery Zeerust toe om inkopies te doen. Hulle het winkel op die dorp maar voldoen aan die basies."
"Paaie is ongelukkig in haglike kondisie. Maar daaraan kan die dorp nou nie self iets doen nie."
"Heerlike studentedorp. ABSA kan dit dalk oorweeg om 'n tak op Die Bult oop te maak waar baie van die studente woon. Dit is 'n probleem dat daar nie 'n tak is nie veral vir studente wat nie hul eie vervoer het nie."
"Mooi omgewing. Rustige dorp. Vriendelike en gasvrye inwoners. Ideale ligging om te oornag op pad na Kalahari en die Kaap."
"Pasop vir misdadigers wanneer 'n mens vanaf die weste in die dorp inkom. Daar is ook altyd spoedlokvalle op die pad uit in die ooste."
"Ons het net oornag op ons pad huis toe, maar Potchefstroom is 'n pragtige dorp."
"Ons is van die platteland, so dit was vir ons baie gerieflik en verrassend om so baie besighede in Potchefstroom aan te tref, en veral weens die feit dat als letterlik in 'n radius van 5 km uit mekaar is. Daar's oulike inkopiesentrums en 'n verskeidenheid van eetplekke om uit te kies. Baie oulike dorp."