Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Northern Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Free State bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 301 resensies.

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

Helena's Guesthouse

"Sjoe die paaie is regtig in 'n baie slegte toestand. Ons het vir jare by Kroonpark met woonwaens gestaan gedurende die SA Junior Jukskei Kampioenskappe. Die park lyk baie sleg en ek sal niemand aanbeveel om van die park gebruik te maak nie. Beslis nie meer vir toeriste nie."

Ventersburg, Noordelike Vrystaat

Die Gewel Self-catering Guest House

"Die NG Kerk is verskriklik mooi. Het gehou van die stories wat ek van die gasheer ontvang het oor die geskiedenis van die gastehuis, die omgewing en die dorp. Baie insiggewend vir iemand wat belangstel in die geskiedenis van 'n plek."

Noordelike Vrystaat

River Lodge Estate 14

"Friendly people at Northern Free State. Very peaceful area, a home away from home. Thank you so much!"

Oranjeville, Noordelike Vrystaat

Best View Family Loft

"Baie vriendelike dorp en mense. Enigste proleem is die kragonderbrekings."

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

At the River Guesthouse

"Unfortunately bad potholes litter the Kroonstad road scene."

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

The Well Gastehuis en Retreat

"DIe dorp toon baie agteruitgang van toe ek laas (7 jaar gelede) dit besoek het. Groot jammerte."

Noordelike Vrystaat

Breathe River Retreat

"Vir 'n kort wegbreek uit Gauteng is dit net ver genoeg om nie te ver te wees nie. Die omgewing is pragtig."

Noordelike Vrystaat

Puruma Pride Lion Park

"Hou maar die weervoorspellings dop indien jy wil kamp."

Ventersburg, Noordelike Vrystaat

Home Sweet Home Guesthouse

"Nee wat, tipiese, verwaarloosde, plattelandse dorpie."

Oranjeville, Noordelike Vrystaat

Vaaldam @ Sgt Pepper's

"Die paaie is baie sleg. Oor die algemeen het ons baie plaaslike mense gekry wat baie kru taal gebruik het en daar was selfs meer as een geval 'n lelike bakleiery by 'n familierestaurant waar ons Saterdag aand aangedoen het. Ek weet nie of dit plaaslike inwoners of vakansiegangers was nie, maar dit laat 'n bitter smaak in my mond."

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

Maak Jouself Tuis

"Hou nie van die plek nie, maar die akkommodasie was die moeite werd."

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

Gaggle Inn

"Goeie, groot plattelandse dorp."

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

The Lavender Guesthouse

"My alma mater! Sal altyd terugkom."

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

Gaggle Inn

"Ongelukkig het hulle dieselfde paadjie gestap as soveel ander dorpe in Suid-Afrika. Baie gevaarlik om daar te ry. En orals drom die dronkies, bedelaars en kinders om die motors."

Oranjeville, Noordelike Vrystaat

Whitehouse Inn

"Klein dorpie, min geriewe, vriendelike mense."

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

Sevens Guesthouse

"Was verras oor die dorp toe ek in die woongebied inbeweeg het."

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

At the River Guesthouse

"My eerste keer in Kroonstad. Het nooit besef die dorp is so groot en goed bestuur nie. Baie netjiese winkelsentrum naby met alles wat ons nodig gehad het vir braai."

Ventersburg, Noordelike Vrystaat

Home Sweet Home Guesthouse

"Indien jy in daai omgewing reis, wees uiters versigtig en kyk uit vir die gate in die pad dit kan jou voertuig nogal sleg beskadig. Ongelukkig is daar nie veel om te doen op die dorp nie en eetplekke baie skaars."

Ventersburg, Noordelike Vrystaat

At Home Guesthouse

"Sjoe, dit is hartseer om te sien hoe die plattelandse dorpe verval, weet nie mens dit kan keer nie!"

Noordelike Vrystaat

Puruma Pride Lion Park

"Mooi ligging met interessante toeristebestemming. Nie te ver van Parys af nie en kan lekker van winkel tot winkel loop. Baie lekker en interessante restaurante ook om van te kies."

Noordelike Vrystaat

Breathe River Retreat

"'n Juweel om te ontdek!"

Heilbron, Noordelike Vrystaat

96 On Bree Guesthouse

"Dorp se paaie is effe gagga, maar verder is dit omliggend baie mooi en ons het heerlik 30ste verjaarsdag gehou by die golfclub."

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

Micarla's Bed and Breakfast

"Sal graag die militêre installasies weer wil besoek, ná 40 jaar gelede se diensplig."

Kroonstad, Noordelike Vrystaat

Tuscana Villa Guesthouse

"Dit was 'n oornagplek en ons het nie die dorp verken nie."

Ventersburg, Noordelike Vrystaat

At Home Guesthouse

"It is a small place, and is safe."

Odendaalsrus, Noordelike Vrystaat

Marnicus B&B

"Die paaie is baie sleg, andersins baie lekker gekuier."

Blad
Blad 5 - Wys 121 tot 150
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang