Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6516 reviews.
"Wonderlike, baie geskiedkundige plek, die moeite werd om te verken deur die dag en historiese verblyf te soek vir die aand."
"Swellendam is 'n juweel vir toeriste wat 'n stil, netjiese, maar tog interessante dorpie in die Overberg soek. Daar is uiteenlopende interessanthede en aktiwiteite in en buite die dorp. "
"Mense in Bredasdorp baie beleefd en vriendelik. Dorpie skoon en netjies."
"Die Wildebraam Berry Estate is 'n goeie stop om te maak! Lekker proe van likeurs en ingelegde lekkerte!"
"Die mense is absoluut gasvry en vriendelik. Elke persoon wat ons teëgekom het, het ons gegroet. Hulle was bewus ons is gaste in hul dorp."
"Awesome vakansie dorpie met heerlike eetplekke, en al die winkeltjies! Sal weer en weer kom. "
"Mal daaroor gewees en die mense wat daar bly is net so great. Ons het 4 restaurant in Struisbaai besoek en een in L'Agulhas. 55 knots, Michael Collins, Pelican Harbour, Sea Shack en Twisted Fork. By almal ontsaglike goeie diens gekry en baie vriendlike personeel sowel as bestuurders/einaars. Well done aan die Pelican Harbour Café se bestuurder - hy was absoluut 'n vreugde om mee kennis te maak en dan sal ek sê uit die 5 uit is Sea Shack die beste waarde vir geld. Almal was great, maar ek moet die twee punte uitlig. Daar is so baie om te doen in die omgewing so ons sal moet terugkom."
"Die kerkgebou van die NG Kerk en die pragtige tuine daar rondom is 'n besienswaardigheid wat mens nie moet verbygaan nie."
"Swellendam is in 'n pragtige omgewing geleë en binne bereik van die natuurskone Boland en Klein Karoo. Heelwat te sien in die Swellendam omgewing self."
"Agulhas is 'n pragtige rustige plek, met baie vriendelike mense. 200% vir toeristebestemming!"
"Mooi en klein dorpie, moeite werd om die ligtoring uit te klim en al die pad te ry tot by Suiderstrand, mooi landskap en ryk in geskiedenis. Gaan eet vis en chips sommer by die hawe, gevolg met softserve roomys! Ontmoet die local 'sting rays' wat in die middae kom vis eet in die hawe, mooi belewenis. Min om te doen, maar dit is die punt! Aan Langezandt Fisherman's Village (At Patat) se kant is die strand poeierwit, en aan Kaap Aghulas se kant groot pebbles met rots formasies, twee mooi konstraste. Sal enige tyd weer gaan."
"Lots to explore, and nice walks along the cliffs. Enjoyed Grotto Beach despite the weather. Nice restaurants and shops. Good destination. "