Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6516 reviews.
"Die mooi straatnaambordjies en oulike wandelroete voor ons oornagplek het ons beïndruk. Die walvis wat ons van die ontbyttafel kon sien was 'n bonus!"
"Greyton is 'n pragtige stil en rustige dorpie waar mens lui lui deur die strate kan wandel en lekker gesels, eet en kuier! "
"A beautiful town filled with history and warm, friendly people. A tranquil and serene town."
"Kleinmond is vir ons 'n topbestemming. Mens het nog die gevoel van klein dorpie by die see. Verkeer is minimaal...en die hawe bied lekker kuierplek. Kinders geniet die strandmeer bydie hoofstrand en mens gaan kruip weg ir die wind by Palmiet, waar jy kan swem...roei...braai en die wind los jou uit! Walvisse gesien op ons trippie in Oktober..."
"Perfect setting, enjoyed the walk along the beach and the friendly people."
"Altyd 'n hoogtepunt op my reise, selfs net vir 'n daguitstappie."
"Swellendam is 'n lekker kuierplek. Mense is baie vriendelik en jy voel baie tuis. Oral waar ons was het ons baie welkom gevoel."
"Goeie verskeidenheid van besighede (alles beskikbaar). Mooi dorpie met baie vriendelike mense."
"Dis nog platteland maar met alle moderne geriewe. Die Agri-megaweek was 'n belewenis."
"Dit is n heerlike Afrikaanse kuierdorp waar jy in elke restaurant smaaklik eet, lekker kuier en die tyd vlieg. Die dorp is skoon en netjies, die aanwysing is baie goed (gastehuise) maar miskien een swak punt is jy kry nie sommer 'n apteek nie, verder n pragtige dorp ... sal beslis teruggaan."
"Agulhas is 'n plek wat 'n mens vir enige toeris kan aanbeveel, agv die wonderlike natuurskoon."
"Suurbraak is a wonderful little place. Like the old days. You can breath again and re-energize. "
"Die platteland van die Overberg met die ongelooflike mooi koring en canolalanderye is 'n gesig om te ervaar veral tussen Augustus en September."
"Sanbaai is 'n heerlike en rustige vakansieplekkie naby aan die strand en als wat jy nodig het. Een van ons land se weelde."
"Ek is besonder beïndruk met Hermanus, dit is netjies en skoon met vriendelike mense. Die wonderlikste is dat die see toegangklik is vir die gewone toeris om dit ook te kan geniet en nie soos ander stede waar die strande toegebou is en net beskikbaar is vir die enkele bevoorregte mense wat huise daar kan bekostig nie. "
"Dis 'n lieflike dorp en mens is bevoorreg om dit nog alles te kan geniet en waardeer. Dankie vir die instandhouding van al ons kultuurskatte - dis deesdae nie meer so algemeen nie!"