Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1533 reviews.
"Dit is 'n mooi dorp vol interessante winkeltjies. Ons ete by die Whale Rib was heerlik, Maniki het goeie geskenke of memorabilia, en die strand is skoon en regtig baie mooi. Ons sal definitief weer in Paternoster kuier."
"Hemel op aarde! Jy kan rustig wees, of besig bly. Daar is genoeg opsies om dit 'n lekker wegbreek te maak vir alle persoonlikhede. 'n Moet as jy 'n kunsliefhebber is."
"Klein plekkie met baie te doen. Baie eetplekkies, baie om te sien en te doen. Voel so 'n rukkie of jy in 'n ander wêreld is."
"Nice town with quirky shops and lots of restaurants. I like the village feel and coordinated styles and colours schemes. One of my favourite seaside towns."
"Pragtige, heerlike verskeidenheid van restaurante. Die heerlikste seekos geëet! Dorpie met nostalgie en 'n gevoel van vrede en ontspanning!"
"Paternoster is 'n baie oulike dorpie met baie vriendelike mense. Die dorpie word mooi in stand gehou. Mens kan sê dit is Suid Afrika se eie Mykonos. Ons het veral geniet om by Gaatjie te eet."
"Mooi omgewing. Net jammer dat daar baie papiere en plastiese sakkies langs die strate lê. Verder is dit 'n lekker plek."
"'n Woord van dank aan die munisipaliteit wat die paaie so goed onderhou. Hulle kan egter gerus die pad na Sea Shack ook saam met die ander op Vrydae skraap. Dit het beslis 'n bietjie onderhoud nodig."
"Paternoster oortref die 5ster. Dit is soveel meer. Ons het dit vreeslik baie geniet. Enige mens se droomplekkie by die see. "
"Buite seisoen is dit baie stil en min eet plekke was oop, Gelukkig is Vredenburg nie te ver nie."
"Lieflike, stil kusdorpie met die mooiste lang strande. Daar is eetplekke te kies en keur. Ook is Vredenburg net 15 km weg vir enige dringende aankope of noodgeval."