Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1533 resensies.
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en heerlike kos. Klomp kunsgalerye en lekker rond krap winkels. Voel soos 'n klein Griekeland met al die wit huisies! Ons sal verseker weer soontoe gaan!"
"Net jammer van die eetplekke en winkels maak eers van Woensdae oop en eers 9 uur, dis al klagte."
"Paternoster is 'n pragtige rustige dorpie met vriendelike mense en lekker vis ek sal beslis mense aanraai om hierdie dorpie te besoek vir 'n wegbreek uit die stad."
"Dit is 'n jammerte dat die onwettige kreefhandel nie hokgeslaan kan word nie en ek stel voor dat meer gedoen moet word om die publiek bewus te maak van die probleem."
"Ongelooflike plek, maar baie bekommerd oor die "petty crime" wat tans oor die dorp heers."
"Baie lekker en mooi plek om vakansie te hou, wat wel pla is die baie rondlopers tussen die huise wat mossels en krewe smous, ook by die uitkyk plekke, glo ook baie ondermaat krewe word geoes."
"Dis 'n lekker Weskus dorpie. Baie mooi uitsigte vir foto's neem. Mooi kayak geleenthede vir vroegoggend."
"Gesellige dorp, pragtig, met fantastiese eetplekke en restaurante. Wit eenvormige huisies en skoon strate skep 'n lekker vakansie gevoel."
"Paternnoster is 'n fantastiese kusdorpie met alles wat mens nodig mag kry! Uitstekende restaurante, lieflike strand, pragtige sonsondergang en oneindige uitbreidings-geleenthede!"
"What a beautiful beach, so peaceful and relaxing. Friendly people, lovely food and we will definitely be back."
"Ons is mal oor Paternoster en sal beslis weer daar gaan vir vakansies in die toekoms. Interessante plekke om te besigtig: Tietiesbaai (Veral die Seekombuis restaurant), Stompneusbaai, Brittanica en Veldrif."
"Lovely sea side setting - don't be fooled into buying crayfish from the locals as there is a R2500 fine! Shops cater mainly for the tourists (prices too high for locals)."
"Small town, great for weekends away that are about getting out of the city and somewhere small, quiet and out of the way. Great restaurants and a wonderful area to explore. More of a mature getaway, as there is only a beach, restaurants and a few shops. Really quaint and arty village."
"Tipiese Weskusdorp, maar baie goed geleë om baie ander plekke van daar af te kan besoek wat nie te ver is nie."