Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1533 reviews.
"It is a very peaceful and tranquil area, but the crime is a problem. You are constantly on your guard and having to lock everything away all the time. If you are looking for things to do, you have to travel. Restaurants are very expensive and short in supply if you just want a quick snack. I did enjoy the peace and lack of barking dogs and racing cars. I did have a very nice break."
"Ek sou graag wou sien dat die ou oorspronklike vissershuisies in die middel van die dorp opgeknap word. Ek kan ook nie glo dat onwettige kreefsmouse helder oor dag krewe buite seisoentyd in die strate verkoop nie."
"Die restaurante in die dorp is ongelooflik. Sommige besighede is egter besig om besoekers uit te buit met buitensporige pryse en sodoende skiet hulle hulself in die voet. Ons het bv. by Oep ve Koep 'n emalje maatbekertjie gesien teen R450! Dit het ons dadelik laat omdraai, want ons het genoeg kennis van luukse artikels om te besef dat dit skaamteloos te veel is. Ek het verlede week vir 'n Wedgewood vasie van dieselfde grootte R250 betaal."
"Paternoster is een van die mooiste dorpies met 'n pragtige strand en oulike eetplekkies - die perfekte plek om vakansie te hou! "
"Moenie moeite doen om die Pantie bar op Paternoster te besoek nie. Baie onvriendelike kroegman. Die res van die plekkies is baie mooi."
"Die aangenaamste, rustigste plek in die hele Wes-Kaap. As jy wil rustigheid weg van stad se gejaag af hê, is Paternoster die regte plek."
"Pragtige kusdorpie met pragtige strand, see en uitstekende restaurante. Beveel aan dat julle buite seisoen daar kuier. "
"Ons het die Kreeffees bygewoon, 'n heerlike ervaring! Paternoster is goed geleë om die omgewing te verken."
"Paternoster is a beautiful town. One just needs to be alert all the time as it can be a bit unsafe."
"Ons het heerlik gekuier in Sea Castle, maar ons was nie bewus dat handdoeke nie voorsien word nie. Dit sal 'n bonus wees as daar wel in die toekoms handdoeke voorsien word. 'n Ekstra matjie by die toilet/bad sal ook handig wees. Die vloer is baie koud in die winter. Baie oulike plek en ons het heerlik gekuier!"
"Paternoster Place should update their website and be more specific with their accommodation/rooms."
"Very friendly people, great eating places and service is absolutely on point."
"Lekker eetplekke en 'n klomp plekke naby, soos Tittiesbaai ens. Die Weskus Nationale Park is ook nie ver nie. Langebaan, Saldanhabaai ens. is almal plekke wat mens binne een dag kan besoek. "
"Parternoster is 'n klein juweel. Ons was net jammer dat ons op 'n Sondag daar was, want alles was toe! Die omgewing is egter wonderlik met baie lekker plekkies om te besoek. Panty Bar op Parternoster is 'n moet. "
"Plekkie is pragtig en die ideale plekkie om te kan ontspan en net mens se vlegsels los te maak."
"Die kultuur, uitsig en rustigheid is definitief 'n rede om terug te gaan."