Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1533 resensies.
"Weens die droogte sal ek voorstel dat daar 'n emmer in die stort gesit word om water op te vang terwyl die geiser warm word. Die geiser vat nogal lank om op te warm."
"Ongelooflike mooi plek langs die Weskus. Wat nogal opvallend is, is dat daar geweldig baie kinders op straat loop en vir geld vra en ook goed aan jou probeer verkoop."
"Baie rustig en baie mooi. Perfek vir bietjie afskakel en lekker rus. "
"Paternoster self gaan blykbaar gebuk onder baie klein misdade (handsakke, selfone, ens. wat gesteel word), so Sandals was perfek om nie deur te loop daarmee nie."
"Verskeie geskenkwinkels 'n teleurstelling. Baie beperkte items en pryse ook te hoog vir die plaaslike toeris. Parkering in dorp 'n probleem oor so 'n langnaweek."
"Lovely town threatened by criminal elements. Lots to see and do. Pity there is no street music or live music in restaurants."
"Dis so pragtige dorpie en ons was al 'n paar keer daar. Dis net jammer van die misdaad wat nou so kop uitsteek."
"Lovely walks on the beach. Coffee shops and restaurants were very good. People were very friendly."
"Heerlike kusdorpie en 'n lekker wegbreek, jammer oor die bewustheid van diefstal in die area."
"Paternoster is pragtig en het aan al ons verwagtings voldoen, sal bepaald weer gaan."
"Wonderlike vissersdorpie. Rustig en nog plattelands. Hoop dit sal so bly, want dis wat die atmosfeer daar so aanloklik maak!"
"Die WiFi het geen opvangs nie en die mikrogolfoond het ook nie gewerk nie. Ek het my warmsakkie nog in die mikrogolf vergeet, wou dit warm maak en sodoende uitgevind dit werk glad nie."
"Paternoster is 'n mooi, rustige dorpie en net die regte plek om te gaan ontspan."
"Paternoster is a wonderful vacation destination! We had the most wonderful experience while visiting. The residents are so friendly, kind and helpful - going out of their way to make one's stay an outstanding experience. This little holiday town will live on in our memories for a long, long time."