Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1067 resensies.
"Trotse Karoo-dorp. Netjies en skoon. Heerlike restaurante met goeie diens en goeie kos. Beslis 'n plek om op jou "moet besoek" lysie te sit."
"Dit is 'n juweel van 'n dorpie waar mens lekker bly en eet. 'n Gerieflike oorstop op pad na Kaapstad."
"Die eienaar van die Kredouw Fijnhuis het baie kennis en inligting. Mense kan met gemak na hom verwys word as hul daar besoek aflê. 'n Ete by die hotel is 'n groot pluspunt. "
"Baie mooi dorpie om te besoek en die Swartbergpas en Meringspas is asemrowend om te ry. Baie vriendelike gemeenskap."
"Dorp lyk mooi opgepas, baie nice mense en lekkerste eetplekke byvoorbeeld La Di Dah restaurant."
"Pragtige historiese dorp, baie van die kunshandelaars en plekke wat produkte produseer was oop (olywe, kaasmakery, ens). Vriendelike inwoners."
"Pragtige dorpie met heelwat om te sien. Ek sou graag nog 'n dag daar wou deurbring."
"My ouers het daar gewoon so ek sal altyd 'n spesiale plekkie in my hart hê vir Prins Albert."
"A great place to visit - the experience of the vast Karoo with a blend of spectacular mountains as a back drop .... and Open Art Sudios a great initiative"
"You definitely need to spend more than one night to explore what Prince Albert has to offer. Beautiful unspoilt, scenery. The best SA has to offer."
"My tuisdorpie met 'n nuwe baadjie aan. Wat kan ek sê, dit bly die beste dorp met baie om te bied in die land. Duidelik bly die pryse nie plattelands nie, maar dan weer, almal moet lewe en is niks regtig buitensporig nie. Prins Albert en omgewing bied iets vir almal - enkellopendes, gesinne en ouer mense en buitelandse toeriste - vra net en almal is vriendelik en behulspsaam. Minstens is die dorp ook baie mooi skoon - ander Karoo- en plattelandsedorpe steek erg af."
"Wonderful diversion from the N1, irrespective of which way you are travelling."