Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1067 resensies.
"'n Ongelooflike skoon en netjiese dorpie, baie vriendelike inwoners, pragtige geboue en lekker eetplekkies! 'n Besonderse mooi hotel! 'n Skoon en netjiese slaghuis! 'n Fees van 'n plek!"
"Nie op 'n hoofroete nie, ek was self baie beïndruk met die dorpie en sal dit regtig aanbeveel vir iets soos 'n naweek-wegbreek. Deur net oor te slaap gaan mens die dorp eintlik mis."
"Wonderlike argitektuur en elke huis lyk of dit pas geverf is. Leen hom tot wandelinge straat-op en straat-af. Kuns- en teaterliefhebbers sal die dorp baie geniet."
"Pragtige dorpie, baie om te doen. Goeie restaurante, ry oor Swartbergpas is baie besonders."
"Pragtige skoon dorp met verskeidenheid winkeltjies, pragtige historiese geboue en ander besienswaardighede. Ons het te alle tye veilig gevoel in die dorp."
"Vir iemand wat graag olywe en olyfolie gebruik was dit nog altyd pragtig. Besoek graag die dorp."
"We return to Prince Albert time and again, as we find it such an appealing destination."
"Die dorpie is pragtig en die mense is gasvry en vriendelik. Sal graag weer tyd daar deurbring!"
"Ons slegte verblyf het ons opvinding oor Prins Albert redelik bederf! Dit lyk egter na ‘n baie mooi plek."
"Teater groot trekpleister. Verskeidenheid eetplekke met gehaltekos. Die slaghuis is tops!"
"Altyd 'n vreugde om op Prins Albert weer die batterye te gaan herlaai met stap tussen lieflike huisies, eetplekkies en kunsgallerye te besoek en net weer mens te word, met hane wat kraai, skape en eseltjies te hoor. ons ontdek elke slag iets nuuts!"
"Hoop dat Prince Albert sy uniekheid en karakter kan behou, ten spyte van meer toeriste. Pragtige dorpie. Nog net nie ’n goeie koffiewinkel gevind nie - sommige koffies is maar flou. Maar by Ta Mala - daar was selfs filterkoffie in huise! Dubbele sterretjie!"