Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1067 resensies.
"Prince Albert is a beautiful little village at the end of the Swartberg Pass. Choose your season carefully, as it can be very hot and dusty in summer time and apparently very cold in mid-winter."
"Lyk na 'n interessante dorp, ons was Sondagmiddag daar en al die mooi plekke was reeds toe."
"'n Besondere toeriste bestemming met 'n uitstekende museum! Sal altyd weer wil teruggaan. Swartberg hotel se etes is onverbeterlik."
"Have been there several times and every time something new. A dinner at the Swartberg Hotel is a must!"
"Dis n mooi dorp in die Karoo, tyd van winkels wat toemaak bietjie te vroeg vir 'n reisiger wat baie besienswaardighede in 'n dag inpas."
"Ons was daar op 'n Vrydag aand. Dorp was morsdood. Het gesukkel om plek te kry waar ons kon eet. "
"Ons het gesukkel om die address te kry. Het laat die middag daar gearriveer, so nie baie rond gery nie."
"Prins Albert was 'n aangename verrassing. Dorpie is pragtig, mense vriendelik en die omgewing asemrowend."
"Lieflike dorp! Ons wens ons kon langer oorbly om die dorp en die omliggende besienswaardighede te verken. "
"Lieflike dorpie, waar jy kan voel die wêreldse invloed het nog min skommelings daar veroorsaak. Dit voel of tyd stil gestaan het en dit laat jou sommer veilig en gekoester voel, volgende keer gaan ek nog 'n dag langer bly net om dit weer te ervaar."
"Jare gedreig om dit te besoek en het dit uiteindelik gedoen. Jy sal nie spyt wees nie. 'n Bucket list-ervaring!"
"'n Ongelooflike mooi plek wat hopelik net so sal bly! Ons sal weer en weer daarheen gaan. Daar is nog so baie wat ons daar wil doen."
"Pragtige Karoo-dorpie wat ons nou al spesiaal raak ry oppad af Kaap toe. Die rustigheid van die omgewing en dan nog die pragtige natuurskoon is ook so lekker. Definitief die moeite werd om te kom."
"Die Swartbergpas was ‘n belewenis en ongelooflik mooi. Prins Albert is pragtige en skoon karoodorp met lekker winkels en mooi oorslaapplekke."
"We always stay in Prince albert but this year its so lacking in quaint shops, friendly people etc - only vibe good food and friendly people was at the hotel - Feels like Prince Albert has passed its peak as a stopover."
"Die mooiste dorpie met soveel om te sien. Die rustigheid is voelbaar en die huisies en omgewing is 'n bonus vir toeriste!"
"Sou graag die Kokkedoor stoor wou gaan sien het, maar kon nie eens daar inkom nie."
"Mens moet langer daar wees om alles te verken! Pragtige dorp en omgewing. Probeer om dit te alle koste te behou."
"Regtig 'n juweel van die Karoo met die asemrowende Swartberge in die agtergrond. "