Geverifieerde Resensie
Riebeek-Kasteel
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riebeek-Kasteel bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 247 resensies.
"Rustige dorpie en ideaal vir 'n wegbreeknaweek. Dis 'n vinnige bestemming om te bereik van Kaapstad en omliggende gebiede."
"Riebeek-Kasteel is beslis die geheime rustige bestemming vir 'n aangename toer van olyf- en wynplase. Genoeg restaurante om elkeen se smaak te bevredig en die nodige supermark om alles te koop wat jy benodig."
"Dis 'n pragtige dorpie met baie besienswaardighede en heerlike restaurante oral in omgewing. Lieflike trou-venues."
"Riebeek Kasteel is 'n pragtige dorpie met 'n lekker rustige atmosfeer. Baie lekker restaurante."
"Baie oulike dorpie gaan definitief terug om meer tyd in en om die plekkie te spandeer."
"Riebeeck Kasteel is my gunsteling plek, dit pas my behoeftes en persoonlikheid soos 'n handskoen. Dit het 'n kleindorpse gevoel sonder dat iemand inbreek maak op jou persoonlike spasie. Die lekkerste eetplekke en die mooiste goed in die unieke winkels."