Geverifieerde Resensie
Upington
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upington bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 484 resensies.
"Daar is baie om te sien en doen in Upington. Dan stop dit nie net daar nie. Binne 100 km is daar nog meer, soek gerus op. Vir ons, van Red Ox, Sakkie se Arkie, Oranje Rivier Kelders, Bezalel, Keimoes, Ikaya, BI-LO, koffie winkels …. baie plekke om te besoek. Onthou sonroom en 'n hoed."
"Alhoewel ons nie toeriste was nie sal ek Upington aanbeveel vir enige toeris. Mooi dorp en baie aktiwiteite vir 'n toeris."
"Ons het Upington ongelooflik geniet! Ons het by die Red Ox geëet, wat 'n ongelooflike restaurant is! Ek kan River Manor en die Red Ox met groot vrymoedigheid aanbeveel. Dit is vyfster gehalte."
"Die mense is vriendelik in Upington en selfs vreemdes groet vriendelik. Almal praat in my moedertaal. Mense is ook baie hulpvaardig."
"Upington het uitgebrei en 'n besige dorp geword. Die toeris kan meer as 'n dag daar spandeer en 'n verskeidenheid plekke sien en goed doen. 'n Skoon omgewing wat 'n goeie indruk maak."
"Mense is baie vriendelik en mense moet beslis ‘n draai maak by Oranjerivier Cellars"