Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2513 resensies.
"Ek dink die dorpe het so agteruit gegaan op die pad na Potchefstroom - dis baie teleurstellend. Ek noem dit, met geen diens wat ek in dorpe gebruik het nie en net verby te ry."
"Klein dorpie, weet nie regtig of hul iets vir toeriste aanbied behalwe oornagverblyf vir vakansiegangers wat wil oorslaap op hul reis nie."
"Bly gerus vir meer as een nag oor by Kambro. Dis kos vir die siel."
"Dis gerieflik en sentraal vir reise na Suid- en Wes-Kaap, asook Namakwaland."
"An unexpected gem. A small one, sure, but a gem nonetheless."
"Pragtige plek. Jammer van sinkhuise en mense wat erg lawaaierig is binne die dorpie. Ongelukkig doen dit afbreek aan die rustigheid en waarde van eiendom. Sal definitief in die slag bly van Nieu-Bethesda."
"Klein dorpie, het wel daar gaan brandstof ingooi by koöperasie, nie verder verken nie."
"Vriendelike mense. Lekker om kinders in die straat te sien speel. Die ou wabrug se aanduiding buite die dorp het ontbreek, maar kon dit wel opspoor."
"Dis die moeite werd om af te draai na Nieu-Bethesda! Die teerpad lei jou die pragtige klowe in en die dorpie is skoon met baie interessante geboue en geskiedenis. Daar is heelwat uitstekende restaurante en natuurlik bergfietsroetes."
"Dit was 'n ongelooflike ervaring om die mooi dorp te ervaar. Die mense is opreg, vriendelik en trots op hulle dorpie. Die Uilhuis is beslis 'n moet, 'n kuier by die brewery gepaard met 'n kaasbord en dan 'n dop by pub. Perfek!"
"Unieke Karoodorpie met 'n juweel van 'n museum en interessante fossieltoere. In Augustus/September 2021 was besoekure baie beperk en deurreisigers kon maklik verniet die hele pad ry en voor toe museums omdraai. Goeie restaurante, maar doen vooraf navraag oor beskikbare tye. Daar word nou aandag geskenk aan beter toeganklikheid, maar doen liewer vooraf navraag. Die pad na Nieu-Bethesda naaste aan Graaff-Reinet is geteer tot amper in die dorp en gryspaaie na en van die N9 was goed in September 2021."
"Interesting little place with one 5-minutes road through, which offers a view of pretty little houses!"
"Sorg net dat jy genoeg brandstof het om op die volgende dorp te kom. Daar is net sekere tye brandstof beskikbaar op Vosburg. Baie klein dorpie, maar so rustig en veilig."
"Dorp is verwaarloos. Lam is skaamteloos duur. Het potensiaal, die Apollo-teater 'n moet sien. Interessante argitektuur."
"Die dorp self Britstown kort bietjie aandag vir toeriste-vriendelikheid en netheid."
"As jy die Karoo besoek is Victoria-Wes 'n lieflike mooi Karoodorpie. In vergelyking met Loxton en Frasersburg is dit 10 keer beter. Probeer die Karoux-restuarant en die Appolo-teater."