Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Pragtige klein dorpie, geskiedenis ryk en die moeite werd om te verken - wens ons het nie net oornag nie."
"'n Netjiese dorp, met 'n ongelooflike uitsig van die dam, rustige omgewing, toerisme attraksie."
"Soos meeste ander dorpe in die streek gaan die infrastruktuur agteruit. Die dorp se ligging en uitsig oor die dam maak egter op daarvoor. Dit is stil en rustig en op ‘n warm dag kan mens heerlik in die dam gaan afkoel. Daar is ‘n vulstasie wat oop is gedurende die dag, ‘n ABSA-kitsbank, drankwinkel en ‘n paar winkels waar mens alles kan kry wat mens op ‘n naweek of vir langer nodig mag hê. Die onbekende Rolfontein Natuur Reservaat is aangresend aan die dorp en ook ‘n besoek werd. "
"Rustige dorp wat goed geleë is vir 'n oornag rus. Baie mooi ou huisies en geriewe in die dorp. "
"Die kaartjiemasjien by die winkel was buite werking en so ook die enigste beskikbaar ATM. Ons kom toe nie kos koop nie."
"Oulike dorpie, sal definitief die hotel wil uitprobeer as ons eendag weer deurry. Het al by The Old Mill coffee shop gestop op 'n vorige trip. Lekker stopover!"
"Doen moeite om die pragtige huise en geboue uit die verlede te besigtig. 'n Ete by die KaRoux Restaurant is 'n moet!"
"Baie mooi skoon en stil omgewing. Miskien sal meer inligting oor die dorp en omgewing bydrae om dit meer aantreklik vir dag-toeriste te maak. Die Britstown-Vosburg-Carnarvon-Williston-Calvinia roete bied 'n goeie alternatiewe roete tussen Gauteng en die Wes-Kaap, met Vosburg goed geleë vir oornag."
"Lovely little town. I loved the museum, very well curated and kept in good condition, with lots of information available - and bookstores a real treasure trove of books! "
"‘n Besoek aan die karaktervolle dorpie behoort op almal se emmerskoplys te wees. Bly ‘n paar dae, die rustigheid en stilte is verslawend. Hier is nie brandstof of kitsbanke nie, maar die winkel hou voorraad van meer as net die basiese waarmee jy sal klaarkom as jy niks saamgebring het nie: gevriesde vleis, blikkieskos, meel, rys, vars vrugte en groente (beperk), vars melk, kaas, botter, koekies, roomys, lekkergoed, gebottelde water, ys, toiletware en skoonmaakmiddels, om net ‘n paar te noem."
"Pragtige, skoon dorpie met die beste, oudste, werkende teater! Eet gerus by die hotel. "