Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2513 resensies.
"Generally quite a cute and clean town in comparison to the ones that we had travelled through. We can see the community works together. "
"Daar is nie veel op die dorp nie, so nie baie om te sien of doen nie. Is egter 'n pragtige wêreld om deur te reis."
"Boekefeesweek is 'n uitstekende trekpleister! Oulike plekkie wat 'n ruskans bied teen bekostigbare pryse, net voor jy gedaan gery is!"
"Lovely to see new restaurants and still the same place we remember from years gone by!"
"Effense draai van die N1 af, maar so 'n rustige dorpie om te voet te verken, met die mooiste ou kerk en 'n nóg mooier sonsondergang."
"Kan net sê dat die warm verwelkoming van die personeel van die Merino Junction beslis net so warm is as die temperatuur van die omgewing."
"Hierdie plek is na ons mening 'n moet-besoek. Wonderlike plek en die donkiekarrit saam met Jacob was 'n belewenis."
"Weet dit sal dalk nie in almal se smaak val nie, maar ek was al 'n paar keer daar en sal weer gaan. Probeer elke keer iets koop by die kunstenaars buite die Uilhuis, hul pryse is billik. Dorpie en mense met soveel hart & warmte."
"Daar is pragtige, ou geboue, maar ongelukkig lyk dit of die midde-dorp leeg is."
"Het net tyd gehad vir 'n kort stappie om die ou kerk en met die omliggende strate langs. Volgens 'n brosjure het die dorp 'n museum wat klaarblyklik wonderlike inligting en uitstallings oor die dorp en die omgewing bevat. Volgende keer sal ons dit beslis deel maak van ons verblyf."
"So stil en rustig, net jammer dis so droog. Hoop dit reën vir die boere. "
"As jy verby ry is dit jou verlies. Aangename mense. Vetmuis baie lekker kos. Skoon en baie netjies. Vriendelik en gasvry. Sal beslis weer daar oornag. "
"Kredietkaart-fasiliteite meer toeganklik. Oulike plekkie. Kan donkiekarrit hoogs aanbeveel. Kunstenaars paradys!"