Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Sou graag wou sien dat die dorp gerestoureer sou word, dis eintlik baie mooi."
"Streng gesproke is Drie Susters in die middel van nêrens. Dit sal goed wees as Travalia meer kan doen om interessanthede van die omgewing onder besoekers se aandag te bring, veral vir mense wat nie net oorslaap nie, maar meer van die Karoo wil sien en weet. "
"Het net deurgery en in Victoria West oornag. Ek was baie beindruk met die verligte kruis op die koppie by die dorp."
"Baie interessante geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog en monumente in Kimberley, asook Magersfontein. "
"So 'n rustige en interessante dorpie met lekker eetplekke. Moes my vrou en dogters in toom hou, anders het hulle al wat 'n lekkerny is in die dorp gekoop."
"Klein plekkie, goed vir die siel. Slegs 'n tekort aan restaurante en buitemuurse aktiwiteite."
"Mens behoort 'n dag hier deur te bring om alles te sien, want 'n oorslaap was nie voldoende nie. Dit help dat daar nou 'n teerpad na die dorp vanaf Graaff-Reinet se kant is, maar dit gaan my verstand te bowe waarom dit skielik ophou 'n hele ent buite die dorp!"
"Ons hou van die stilte en die klein gemeenskap. Die Uilhuis was baie interressant en die restaurantjie en kroegie wat ons besoek het was baie oulik ingerig met mooi dekor. In hierdie dorpie kan 'n mens kom rus en onttrek van die samelewing en net weer jouself vind. Hier wil ek vir 'n maand kom bly!"
"Good area for bird lovers to visit al lot of Karoo specials. It can be located here quite easily in the village as well as in the adjoining Rolfontein nature reserve. Lots of water sport activities available on the dam."
"Dit lyk wel of daar moeite gemaak word om die geboue in die dorp op te knap. In sekere dele van die dorp en net buite Victoria-Wes is dit egter ongelooflik vuil met vullis wat die hele wêreld vol gestrooi lê."
"Die dorpie is 'n goeie oornagbestemming op jou reis Kaap toe en die mense doen moeite om hul dorpie skoon en mooi te maak. "
"Dit is baie stil en rustig in die Karoo. Die mooi helder sterre is 'n belewenis in die Karoo. Sal dit verseker aanbeveel."
"It's a big sky country, a place of quiet and natural beauty. What a lovely escape Nieu-Bethesda is!"
"The locals are welcoming and always willing to engage in conversation."