Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Dele van die dorp lyk vervalle. Historiese begrafplaas met grafte uit Anglo Boere oorlog in baie swak toestand. Lekker restaurante, interessante boekwinkels."
"Nieu-Bethesda is 'n eksentrieke dorpie met baie om te sien, as jy bereid is om daarvoor te soek. Ek dink nie iemand wat hou van adrenalien-gedrewe aktiwiteite op 'n vakansie sal dit so baie geniet nie, maar as jy 'n waardering het vir eienaardighede en dorpies wat in 'n middag plat gestap kan word, kan jy gerus 'n draai maak in Nieu-Bethesda. "
"Die perfekte stop op pad see toe voor dit donker is en voor jy te moeg bestuur is. 'n Pragtige dorpie."
"Lekker dorpie om in rond te loop en spesiale geskenkies en aandenkings te koop. 'n Mens het tyd nodig om alles te ontdek en geniet."
"Die bedelaars bly 'n problem omdat ons hou van loop. As 'n bestemming is daar besoekpunte nodig soos sportfasiliteite, vermaak, winkels, geskiedenis. Dis net die laaste wat in oormaat is maar beter aangebied kan word. Maak nie saak nie, ek sal weer kom!"
"Baie vriendelike mense ontmoet wat graag gehelp het waar nodig was. Heerlike kos ook gekoop."
"Die hele dorp is epies. Daar is baie om te doen en te sien en te proe en te leer!"
"Lovely place for a break but the summer must be better and not so dry. Would recommend Nieu-Bethesda for a wedding with Jacques at Waenhuis - such a pleasure and he is so helpful and professional. "
"Baie interessant en beveel aan om verseker ten minste een keer in jou lewe een nag oor te bly."
"Ons kinders was op kriekettoer en het by die backpackers reg langsaan geslaap. Baie goeie akkommodasie. "